Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die verhoog:
Selfversekerd, sexy en vol viriele lewe

Tap Dogs ***

Geskep deur Dein Perry

Dis die vlytige voete wat die saagsels uit hout uit skop wat die praatwerk doen in hierdie produksie waarvan ons al tevore ander weergawes gesien het. Jou mond hang oop wanneer jy die bedrewe manne bewonder wat hul klopdanse (tap dances) gemaklik uitvoer. Die sjarme lê in die goed gechoreografeerde sinchronisasie tussen die voete, die kameraderie tussen ouens so macho jy kan met hulle ploeg, en elkeen se unieke verhoog-charisma. Hulle voer die bewegings skynbaar moeiteloos uit. Al spat die sweet en bult die kuite, hulle seil deur die produksie soos ses macho skepe deur ’n tifoon.

Die sjarme lê in hul viriliteit en natuurlike machismo. Die uitpluk van ’n hemp oor ’n blink danserslyf het vroue in vervoering gehad, terwyl water tussen die sweet spat en tromme met gepaardgaande metaalagtige byklanke die produksie met musikale manlikheid saambind. En tog is daar die enkele boepie wat net so natuurlik lyk. Alle mans word verteenwoordig!

Daar is nooit ’n stil oomblik nie, en dis die testosteroon-bevlekte danssekwensies van sensasies soos Richie Miller en Nathaniel Hancock wat die gehoor uitspattig laat reageer. Die produk­sie is sexy, selfversekerd en vol viriele lewe. ’n Probleempie is dat dit dalk ’n bietjie lank aanhou, want as jy die vorige produksies gesien het, bied hierdie een nie soveel opspraakwekkend nuut nie. Maar vir die oningeligte kan dit meevoerend wees.

Dis die kuite, die geel kouse en die skoene wat eintlik die supersterre is!

  • In Pieter Toerien se Teatro by Montecasino tot 16 September.
Meer oor:  Tap Dogs  |  Verhoog  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.