Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Seun van bekende akteurs sterf

Depressie het die lewe van Pieter Bosch Botha (34), seun van die akteurs Annalise Bosch en At Botha, geëis.

Hy is die naweek dood gevind in 'n hotelkamer in Sandton nadat hy 'n tyd lank vermis was. Hy het vermoedelik 'n oordosis pille gedrink, het Wim Vorster, dramaturg en 'n familievriend, namens die gesin gesê.

Pieter was ook ’n akteur en teaterregisseur en het onder meer Boschwacked Productions gestig.

Pieter Bosch Botha Foto: Nasief Manie

“Bipolêre steuring is by hom gediagnoseer en is deur ’n psigiater behandel. Toe sy eggenoot, Craig Howes, Saterdag van ’n familiegeleentheid by die huis kom, was Pieter nie daar nie, sê Vorster.

“Hulle het hom met behulp van ’n selfoonopsporingstoestel in die hotel opgespoor, maar dit was reeds te laat,” sê Vorster.

Botha het glo briewe agtergelaat.

“Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het hom in Maart met sy verjaardag gelukgewens en hy het opgewek en vrolik geklink,” sê Vorster.

“Hy was byna klaar met ’n kursus wat hy studeer het. Dit het regtig geklink of hy gelukkig is. Hy was baie lanklaas op die verhoog en hy was ook nie meer op sosiale media nie.”

Botha het vanweë sy ouers se loopbane in die akteursbedryf grootgeword. 

Hy was as akteur in Eat Me! te sien waarvan die regie deur Lionel Newton behartig is en in Dames en here met Lizz Meiring as regisseur.

Meiring het hom as jong seun geken voordat sy ouers geskei is.

“Ek het hom as kind by die huis opgepas. Ek onthou dat ek vir hom stories gelees het en hy het my altyd baie vreemd aangekyk wanneer ek stemmetjies bygesit het, so asof hy dink ek moet dit nie doen nie. Hy was van kindsbeen af ’n regte teatersiel, ’n baie sensitiewe en pittige mens.”

Meiring onthou dat hy as kind byna soos ’n assistent langs die regisseur Janice Honeyman gesit het.

Botha was die regisseur van talle teaterproduksies soos Roald Dahl se James and the Giant Peach en die gewilde Britse komedie Noises Off

Sy ouers woon albei in Paternoster aan die Weskus. Sy ma en haar man, Arnold Hoon, bedryf ’n gastehuis.

Botha word ook deur ’n broer, Johan Botha, en ’n suster, Helena Oberholzer, oorleef.

Meer oor:  Lizz Meiring  |  Depressie  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.