Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Shakespeare blom in Bloem se skole
Leerlinge van die Hoërskool Rosenhof repeteer aan Shakespeare se 'The Taming of the Shrew'.

’n Nuwe inisiatief om aan alle leerlinge ’n platform vir taalontwikkeling en groter selfvertroue te bied deur ’n dramaproduksie, word die naweek in Bloemfontein bekend gestel.

Die Shakespeare-skoolfees het al groot sukses in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal behaal en kry in Bloemfontein steun van die dramadepartement aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Thys Heydenrych, ’n dosent aan die UV en koördineerder van die projek, sê verkorte weergawes van Shakespeare-tekste word opgevoer. Dit word beperk tot ’n halfuur en gee aan kinders die geleentheid om hulle in ’n niemededingende omgewing op ’n professionele verhoog uit te leef.

Leerlinge van die Hoërskool Rosenhof het The Taming of the Shrew aangepak en Grey-kollege (sekondêr) en die Hoërskool Sentraal takel Macbeth.

  •  13 Oktober om 19:00 in die Wynand Moutonteater op die UV-kampus. Die kaartjies kos R20. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Verhoogstuk  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.