Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Skryfkompetisie vier kwarteeu
Kobus Burger, senior regisseur by RSG.

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vier vanjaar ’n kwarteeu en hoewel dit sonder die gebruiklike slypskool plaasvind, sal skryfwenke weekliks in die program Skrywers en boeke gegee word.

Dié reëling, wat elke Woensdag om 20:00 vir die duur van Junie en Julie geld, is spesiaal vir voornemende deelnemers aan die kompetisie.

Die totale prysgeld beloop vanjaar R115 000, wat verdeel word in R50 000 vir die wendrama, R25 000 vir die naaswenner en R15 000 vir die derde plek.

’n Jong skrywer van onder 30 jaar wat die beste vaar, word ook met R15 000 beloon, terwyl R10 000 toegeken word aan ’n skrywer wat die beoordelaars se gunsteling onder die finaliste is wat nie een van die bogenoemde pryse ontvang nie.

’n Bonus is die uitsaai van die wendramas op RSG in 2022.

Die reëls laat net een inskrywing per persoon toe, skryf geen tema voor nie en bied deelnemers die vryheid om in enige van Afrikaans se variëteite te skryf. Hulle moet egter in gedagte hou dat nie meer as sewe karakters in die dramas mag voorkom nie.

In die eerste ronde van beoordeling word tussen tien en 18 tekste gekies wat met die hulp van ’n mentor vir die eindronde geslyp word.

Volgens Kobus Burger, RSG se senior regisseur, is dit elke jaar verrassend om te sien hoe skrywers die grense van klank en drama verskuif. “Die verskeidenheid stories en temas wat die kompetisie lok, is ’n bewys van ’n opbloei in radiodramas, maar daar is steeds nuwe horisonne wat oopgeskryf kan word.”

’n Volledige handleiding met die reëls en inskryfvorm is gratis op RSG se webblad beskikbaar. Daar is ook ’n spesiale blad met skryfwenke vir nuweling-skrywers.

Die sluitingsdatum is 16 Augustus.

Besoek RSG se webblad by www.rsg.co.za vir besonderhede oor die kompetisie en die handleiding.

Meer oor:  Rsg  |  Radiodrama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.