Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Sondheim-teater later amptelik geopen ná val
Die 89-jarige musiekteater-ikoon Stephen Sondheim.

Die amptelike opening van ’n teater wat die naam Stephen Sondheim in Londen se West End kry, moes uitgestel word nadat dié musiekteaterkoning geval en ’n ligament geskeur het. Sondheim (89) woon in New York en sou die opening op 14 Maart bywoon.

Die teater, een van verskeie wat aan die Britse teatermaker Cameron Mackintosh behoort, was voorheen die Queen’s Theatre.

Sondheim het grappenderwys gesê: “Ek sal feitlik enigiets vir Cameron doen, maar ek gaan nie met ’n loopraam langs hom op die verhoog verskyn sodat hy my kan spot nie.”

Hy het ook gesê hy nie kan wag om in Londen te kom om sy naam op ’n teater in die West End te sien nie. Dit is ’n plek wat hy die afgelope 70 jaar gereeld besoek het en wat sy tweede tuiste geword het.

Les Misérables is tans in die “nuwe” Sondheim-teater op die planke, waarna Sondheim se musiekspel Sunday in the Park with George daar sal open.

  • Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne: www.nydailynews.com, www.theguardian.com, www.whatsonstage.com
Meer oor:  Stephen Sondheim  |  Teater  |  West End  |  Sondheim-Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.