Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Ster-Kinekor bring Staatsteater se werk na groot skerm
Van die Staatsteater in Pretoria se produksies gaan van Junie in sekere rolprentteaters vertoon word.

Die Staatsteater in Pretoria en die rolprentverspreider Ster-Kinekor gaan van Junie vanjaar saamwerk om teaterproduksies in sekere rolprentteaters landwyd te vertoon.

Luidens die mediaverklaring “gaan die rolprent-reus en Afrika se grootste sentrum vir die uitvoerende kunste kragte saamsnoer om die nuwe normaal te navigeer”.

"Hierdie samewerking is ’n bewys dat die sosiale afstand wat die pandemie geskep het, ons nader aan mekaar gebring het as ooit tevore.”

“Ek glo dié samewerking gaan die uitvoerende-kunste-toneel in Suid-Afrika verander, veral dié van teater,” het Aubrey Sekhabi gesê.

“Dit gee ons hoop vir die herlewing en die toekoms van teater,” het Sekhabi vervolg.

Motheo Matsau, waarnemende hoof van Ster-Kinekor-teaters, het in die verklaring gesê “Ster-Kinekor Teaters en Cinema Nouveau is trots om saam met die Staatsteater te werk en so hul aanbod te verbreed om plaaslike produksies van talentvolle akteurs, skrywers, vervaardigers en regisseurs na die groot skerm te bring. Dit gee die res van die land die geleentheid om die Staatsteater se produksies te sien, waar hulle nie voorheen die kans gehad het om dit in die teater self te sien nie.”

Die produksies en vertoontye sal later bekend gemaak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.