Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Stromingsdiens vir kultuurdiere nou in SA
Marquee TV is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar.

Liefhebbers van opera, dans en teater het nou toegang tot produksies van die voorste geselskappe in die wêreld met die bekendstelling van Marquee TV in Suid-Afrika.

Die geselskappe is onder meer die Bolshoi Ballet, die Royal Opera House, Opera Zurich, Glyndebourne, die Royal Shakespeare Company en vele ander.

Dit is ’n stromingsplatform op aanvraag met ’n katalogus van sowel eietydse as klassieke meesterwerke wat wêreldwyd opgevoer is. Dit kan op televisie of ’n skootrekenaar, tablet of foon gestroom word.

Benewens opnames van uitvoerings is daar ook bykomende beeldmateriaal van die produksies van agter die skerms. Dit sluit kort prente, die regisseurs wat insae in die werk bied, asook ander ekstra materiaal in.

Marquee TV is reeds beskikbaar in Brittanje, Amerika, Australië en Nieu-Seeland.

Tans kan onder meer die Bolshoi Ballet se produksie van Sleeping Beauty met Svetlana Zakharova en David Hallberg gesien word, asook die Royal Shakespeare Company se Richard II met David Tennant (Doctor Who, Jessica Jones), The Royal Ballet se Alice’s Adventures in Wonderland; en die Royal Opera House se Madama Butterfly met Ermonela Jaho.

Nuwe uitreikings begin elke Saterdag.

Op Saterdagaand 9 Mei is Romeo and Juliet van die Royal Shakespeare Company aan die beurt.

Daarna volg Glyndebourne se Vanessa op 16 Mei en die Bolshoi se Coppelia op 30 Mei.

Daar is byvoorbeeld werke te sien van Akram Khan, een van die voorste choreograwe tans werksaam in die wêreld, asook danswerke wat by Sadler’s Wells in Londen opgevoer is.

Marquee TV is beskikbaar in Suid-Afrika teen R99,99 per maand of R999,99 per jaar. Besoek www.marquee.tv.

Meer oor:  Opera  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.