Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Stryd van lewe in Vlakte belig in radiodrama
June van Merch

Janine van der Linde het haar tweede prys in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie in 2016 opgevolg met “heerlik speelbare dialoog” in Vlerke vir Jason vir ’n tweede prys in vanjaar se kompetisie.

Dié drama belig die wrede situasie waarin die gemeenskap op die Kaapse vlakte daagliks lewe, die angs waarmee ’n moeder terugkeer van die werk as sy haar kind tuis moes laat, en haar stryd met die gevolge van ’n doodgewone Saterdaguitstappie.

Margot Luyt, wat twee jaar gelede Die kind geregisseer het en ook die regieleisels vir Vlerke hou, sê die skrywer se ontwikkeling as dramaturg is “opwindend”. Benewens die dialoog het sy ook ’n “goeie oor vir die Kaapse dialek”.

Luyt sê die invloed van posttraumatiese stres by die hoofkarakter word gevoelvol uitgebeeld, terwyl die aktuele drama oor bendegeweld op die Kaapse Vlakte tot die einde ’n snaarstywe spanningslyn volhou.

Luyt het ook seker gemaak sy hark topakteurs vir die opname nader, onder andere June van Merch (tans op kykNET te sien as die hoofkarakter Sara in die tergende dramareeks Sara se geheim), Marlo Minnaar en Brendon Daniels (wat Aiden en Ricky in dieselfde reeks vertolk) en Leandé Valentyn.

Van der Linde, wat in Kimberley grootgeword het en nou in Stellenbosch woon, sê sy sit van kleintyd af vasgenael voor die radio om na “stories” te luister.

* 19 April om 20:00 op RSG. Die radiodramas word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

Meer oor:  Rsg  |  June Van Merch  |  Drama  |  Radioteater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.