Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Stuk oor Joodse moeders na Oostenryk

Die voorskou van ’n eenpersoonstuk, Who’s Afraid of the Jewish Mother?, uit die pen van Jenny Simanowitz word in die Theatre Arts Admin Collective in Observatory gehou voordat dit sy première op 24 April in die Atelierteater in Wene, Oostenryk, het.

Simanowitz tree self op en het ook die regie gedoen. In die stuk ondersoek sy dít wat van Joodse moeders geglo en algemeen aanvaar word. In die algemeen dink mense hierdie vroue is besitlik, oorheers hul kinders en is baie jammer vir hulself.

Simanowitz wil meer van die innerlike krag en moed van hierdie vroue wys en ook hoe hulle midde-in tye van onsekerheid, vooroordeel en swaarkry hul gesinne bymekaar hou.

Hoewel oorspronklik van Suid-Afrika woon Simanowitz sedert 1994 in Oostenryk waar, sê sy, Jode steeds aan die Oostenrykers onbekend is. Sy probeer met humor gehore inlig en opvoed. Sy noem haar soort optrede kommunikasiekabaret – lighartig en humoristies, maar met ernstige ondertone.

Who’s Afraid of the Jewish Mother? word net die een aand opgevoer en die kaartjies kos wat gehoorlede kan bekostig. Die Theatre Arts Admin Collective is in die Metodiste-kerksaal op die hoek van Miltonweg en Wesleystraat.

Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.