Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Stuk oor Nijinski wéér in Kaapstad te sien
Godfrey Johnson in die solovertoning “Vaslav” oor die legendariese balletdanser Vaslav Nijinski.

Die uitmuntende verhoogstuk Vaslav, met Godfrey Johnson in die rol van die legendariese Russiese balletdanser Waslaf Nijinski, word weer in Kaapstad opgevoer.

Die produksie met dialoog, musiek en beweging en skitterende choreografie en regie is sedert sy debuut in 2015 op die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) geloof en bekroon.

Lara Bye se bydrae is meer as net die regie. Sy het ook die teks oor Nijinski help skep om die verhaal te vertel van die danser wat in 1919, op 28 jaar, die laaste keer gedans het, maar oor wie 100 jaar later steeds gepraat word.

Hy is “die god van dans” genoem en is deur al wat leef en beef bewonder terwyl hy ’n stryd gevoer het om sin te maak van die lewe.

Nijinski was ’n paranoïese skisofreen en is gereeld in inrigtings opgeneem vir behandeling.

Mooi en tragies is sy lewe wat afgespeel het in die Eerste Wêreldoorlog en die tyd toe ’n ontploffing van kreatiwiteit, verandering en nywerheids- en tegnologiese ontwikkeling voorgekom het.

Bye, Karen Jeynes en Johnson het die teks op Nijinski se dagboeke gegrond en musiek bygevoeg. Dit behels uittreksels uit werke van Strawinski, Rachmaninof, Tsjaikofski, Debussy, Satie en musiek wat Johnson self geskep het.

Die produksie word bestempel as ’n kragtoer, ’n “teaterervaring wat ’n klein oomblik in iets majestueus omskep”. Volgens een resensie verleen die klavierspel diepte aan Nijinski se waansinnige episodes en tree Johnson se talent as danser en akteur op die voorgrond.

Fiona du Plooy het die bewegingskuns geregisseer en Jon Keevy is die beligtingsontwerper.

*Fugard Studio Theatre, 5 tot 17 November: Van Dinsdag tot Saterdag om 20:00 en Saterdag en Sondag ook om 15:00. Die kaartjies kos R150 en R160 by die Fugard se kaartjiekantoor, 021 461 4554, of aanlyn by www.thefugard.com.

Meer oor:  Musiek  |  Teater  |  Godfrey Johnson  |  Waslaf Nijinski
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.