Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Swanemeer’ na Julie 2022 verskuif

Die St. Petersburg-balletgeselskap se aanbieding van Swanemeer is na Julie 2022 verskuif nadat dit verlede jaar kort voor die dansers se aankoms in Suid-Afrika weens die Covid-19-pandemie afgestel moes word.

Die St. Petersburg-balletgeselskap in Rusland bring nou volgende jaar die klassieke ballet ‘Swanemeer’ na Suid-Afrika.

Dit is nie maklik om produksies te herskeduleer nie aangesien alle organisasies poog om die beplande aanbiedings vir verlede jaar en waarskynlik ook vanjaar, na nuwe datums in 2022 te skuif, sê Marlene le Roux, uitvoerende hoof van die Kunstekaap.

Nadat die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, wat die opvoering in die orkesbak sal bystaan, die St. Petersburg-geselskap en die Kunstekaap-bestuur koppe bymekaargesit het, is daar op 7 tot 17 Julie 2022 as speelvak besluit.

Swanemeer sal ook in Johannesburg opgevoer word en dié speelvak is van 20 tot 31 Julie in die Teatro by Montecasino. Die Johannesburgse Feesorkes onder leiding van Richard Cock sal in die orkesbak wees.

Volgens ’n mediaverklaring oefen die Russiese balletdansers deurentyd onder aanvoering van hul prima ballerina Irina Kolesnikova sodat hulle slaggereed kan wees vir wanneer die Covid-19-inperkings opgehef word en teaters weer ten volle gebruik kan word.

Opvoertye in die Kunstekaap is Woensdag tot Saterdag om 19:30, Saterdag om 15:00 en Sondag om 14:00 en 18:00.

Opvoertye in die Teatro by Montecasino is Woensdag tot Saterdag om 20:00, Saterdag om 15:00, en Sondag om 14:00 en 18:00.

Computicket, waar reeds vir volgende jaar se speelvak bespreek kan word, sê mense wat vir verlede jaar bespreek het, sal SMS’e ontvang met die nuwe datums waarheen hul kaartjies oorgedra is. Dié kaartjiehouers kan die nuwe datums aanvaar, dit na ander datums verskuif, die geld skenk of hul kaartjiegeld terugvra. ’n E-pos in die verband moet voor 31 Maart na info@computicket.com gestuur word.

Kaartjiepryse wissel van R250 tot R690. Die verlaagde pryse is vir opvoerings in die middel van die week en Sondagaande. Studente en pensioenarisse kry afslag vir ’n Woensdag- en Sondagaand-opvoering.

Meer oor:  Ballet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.