Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Tap Dogs dans plaaslike verhoë aan die brand

Aanhangers van Dein Perry se gewilde Tap Dogs sal verheug wees om te hoor dat dié dinamiese Australiese danssensasie weer in Augustus ’n blitsbesoek aan Suid-Afrika lewer.

Tap Dogs is terug in Suid-Afrika vir slegs twee aksiebelaaide vertonings. Foto: Verskaf

As deel van ’n internasionale toer sal die groep op Woensdag 22 Augustus ’n Kaapse draai by GrandWest se Grand Arena kom maak, waarna hulle op Woensdag 29 Augustus Johannesburgers met hul danspassies by Montecasino gaan vermaak.

Tap Dogs het al in meer as 330 stede in 37 lande opgetree en meer as 12 miljoen mense betower met hul energieke en verbeeldingryke choreografie.

Hierdie Broadway Entertainment Group-produksie, geskep deur choreograaf Dein Perry, is oorspronklik geregisseer en ontwerp deur Nigel Triffitt, met musiek deur Andrew Wilkie en beligting deur Gavin Norris.

Sedert hul eerste internasionale vertoning by die Sydney Theatre Festival in Januarie 1995 het die groep al seisoene in Londen, New York, Tokio, Parys, Berlyn en vele ander stede beleef. By die 2000 Olimpiese Spele in Sydney het ongeveer 3,4 miljoen mense ook die voorreg gehad om ’n groep van 1 000 Tap Dogs tydens die openingseremonie te sien optree.

Kom kyk hoe die bekroonde groep hul weg oor die verhoog klop, trommel en dans in ’n vertoning wat deur BBC UK beskryf word as “deels teater, dans, rockkonsert en konstruksieterrein!”

Klopdans soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!

Gehore kan uitsien na 75 minute van hoë-energie-danspassies, teatrale optredes en lewende musiek deur ses dansers en twee musikante wat die staalwerke lewe gee – of hulle nou in water rondplas, onderstebo hang of deur steierwerk duik.

Dit is geen wonder dat Tap Dogs al 15 internasionale toekennings gewen het nie, insluitend ’n Olivier-toekenning (Engeland), Obie-toekenning (New York) en ’n Pegasus-toekenning (Spoleto-fees in Italië).

Moenie die kans misloop om Tap Dogs in lewende lywe te sien nie! Kaartjies is vir tussen R215 en R360 te koop by www.bigconcerts.co.za.

Meer oor:  Dans  |  Kuns  |  Tap Dogs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.