Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Teater bied gratis vertonings op dié 3 dae aan
Die Courtyard Playhouse in Kaapstad. Foto: Tiffany Schultz

Die Courtyard Playhouse in Kaapstad het aangekondig dat al sy vollengte-vertonings op Sondag-, Maandag- en Dinsdagaande voortaan gratis sal wees.

Tiffany Schultz, mede-eienaar van die teater in die Kaapse middestad, sê in ’n verklaring “teater moet toeganklik vir almal wees” en dat enigiemand wat gratis vertonings bywoon ’n skenking kan maak as hulle kan.

Schultz het aan Netwerk24 gesê daar is eintlik “baie redes” hoekom hulle dié stap gedoen het.

“Teater móét toeganklik wees,” herhaal sy. “Koste moet nie (vir enigiemand) ’n belemmerende faktor wees nie. Ons ervaar ’n stresvolle finansiële klimaat, en ons voel dat ’n skenkingsmodel dié wat kan bydra, toelaat om dit te doen, terwyl dit dié wie se finansies knyp, nie keer om steeds teater toe te kom nie.

“Ons, as ’n teater, moet kunstenaars én gehore ondersteun.”

Schultz sê die skenkingsmodel laat gehore ook toe om teatergenres soos improvisasie “risikovry” te toets voordat hulle moontlik later besluit om daarvoor te betaal.

Teater móét toeganklik wees. Koste moet nie (vir enigiemand) ’n belemmerende faktor wees nie.
Tiffany Schultz

Dit gee gehore ook kans om haar, haar sakevennoot en eggenoot, Kemsley Dickinson, en die nuwe teater te leer ken, nadat hulle in Augustus 2019 die voormalige Alexander Bar-teaterrestaurant gekoop en die naam in Januarie na die Courtyard Playhouse verander het.

“Nuwe gehore mag dalk besluit om weer en weer terug te keer, dalk later ’n teaterstuk teen betaling te kyk en moontlik ook ’n plaaslike teaterondersteuner te word.”

Schultz sê sy en Dickinson glo vas die skenkingsmodel kan werk, omdat hulle dit reeds ses jaar lank by hul ander teater, ook bekend as die Courtyard Playhouse, in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate toepas.

“Ja, dit neem ’n tydjie om daardeur ’n getroue aanhang te bou, maar ná ses jaar in Dubai is ons teater (daar) elke aand stampvol en ons kry gereelde, behoorlike skenkings, wat ons help om kop bo water te hou.”

Sy sê hulle beplan om nog projekte in Kaapstad van stapel te stuur, soos ’n korporatiewe opleidingsprogram en slypskole vir kinders en volwassenes, waarmee hulle hoop om ’n bykomende inkomste vir die teater te verdien.

  • Die vertonings wat in Maart gratis in die Courtyard Playhouse in Kaapstad aangebied word, sluit verskillende komedie-, improvisasie- en teaterstukke in. Die program sal op https://courtyardplayhouse-ct.co.za/ opgedateer word. Kaartjies moet ook aanlyn bespreek word. Bel 079 199 9078 vir meer inligting.
Meer oor:  Tiffany Schultz  |  Teater  |  Courtyard Playhouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.