Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Teater in Sasolburg gereed vir aksie

Die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg se deure staan oop vir kunstenaars en gehore.

Die omslag van Ruhan du Toit se nuutste CD. Foto: Verskaf

“Ons handhaaf alle inperkingsvoorskrifte soos ’n veilige afstand van mekaar, die dra van maskers en ontsmetting van hande met die instap wat vir party mense lastig is, maar ten minste kan ons lewende musiekuitvoerings aanbied,” sê die bestuurder Herman van Niekerk.

Die program vir November begin met die sanger Ruhan du Toit, gevolg deur ’n Spaanse dansproduksie deur die Carli Olivier-dansskool, Nataniël met een van sy Gesels-aanbiedings en ’n optrede deur hom en die pianis Charl du Plessis.

Du Toit, ’n sanger met ’n stem wat oor vier oktawe strek en wat sewe jaar lank ’n lid van Touch of Class was, sal van sy nuutste liedjies sing, onder andere “Lewe red” wat Riana Nel geskryf het, en “As jy dink jy weet”.

Hy het oor die jare veral aandag getrek met sy weergawe van Simon en Garfunkel se treffer “The Sound of Silence” wat beslis ook in Sasolburg op sy speellys sal wees.

Du Toit sing reeds sedert 1993 en het sy eerste album, Die hemel is in 1994 opgeneem. Daarna het Mensekind (1995), I Believe (1997) en Sal ek jou kom haal (2008) gevolg. Sound of Silence (2000) en Langpad (2006) is duet-albums wat hy saam met sy broer, Jeanré, opgeneem het. Sy nuutste album is Monumentaal.

Du Toit tree op 1 November om 15:00 op, die Spaanse dansproduksie is op 14 November om 12:00 en 18:00, Nataniël kan op 21 November om 11:00 in Gesels gehoor word en ’n uitvoering met stories en musiek op 22 November om 15:00.

Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Riana Nel  |  Nataniël  |  Charl Du Plessis  |  Dans  |  Teater  |  Sasolburg  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.