Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Teaterbystandsfonds kry ‘wonderlike geskenk’ van R300 000

Die Teaterbystandsfonds (TBF) het onlangs ’n meevaller van R300 000 gekry nadat dit ’n groot inkomste verloor het toe die KKNK weens die Covid-19-pandemie afgelas is.

Die Teaterbystandsfonds (TBF) is in 1964 gestig.

“Dit is ’n godsend,” sê die akteur en regisseur Gert van Niekerk, ’n TBF-raadslid.

“Daar was eers paniek, want ons wou nie in hierdie moeilike tye geld uit ons beleggings losmaak nie. En toe gebeur hierdie wonderlike geskenk.”

Die TBF, wat behoeftige en bejaarde mense in alle beroepe in die kunste bystaan wat nie meer kan werk nie, het altyd op kunstefeeste ’n stalletjie waar hulle minstens R50 000 insamel.

Die KKNK sou vandeesweek in Oudtshoorn plaasvind.

Gert van Niekerk

Die TBF het hierdie geld nou in ’n fonds gestort vir enige begunstigdes wat dalk deur Covid-19 besmet word.

’n Egpaar het die aktrise Lizz Meiring gekontak oor hoe hulle die TBF kan bystaan.

“En ons was baie dankbaar, maar ons het nie hierdie bedrag verwag nie,” sê Van Niekerk.

“Dis wonderlik, want hulle (die egpaar) is nie mense wat in die kunste betrokke is nie. Dit gee my nuwe hoop vir die mensdom. Dit wys jou, mense kan goed vir mekaar wees. Ons is baie dankbaar hiervoor.”

Die TBF bestaan sedert 1964. Mense wat ’n bydrae wil lewer, kan ook ’n SMS met die letters TBF na 49701 stuur. Met elke SMS skenk jy R30.

Meer oor:  Kknk  |  Lizz Meiring  |  Oudtshoorn  |  Feeste  |  Teater  |  Akteurs  |  Covid-19  |  Inkomste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.