Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘The Goat, or Who is Sylvia?’ in Baxter op die planke

Edward Albee, die skrywer van Who’s Afraid of Virginia Woolf?, se toneelstuk The Goat, or Who is Sylvia? word eersdaags in die Baxter-teatersentrum opgevoer.

In die stuk word daar gekyk na taboes en morele vooroordeel. ’n Gesin word in ’n krises gedompel wanneer die pa op ’n bok verlief raak. In die rolverdeling is Lionel Newton, Jennifer Steyn, Paul Savage asook Sihle Mnqwazana, en Mdu Kweyama is die regisseur.

Jennifer Steyn en Lionel Newton.Foto: Oscar O’Ryan

Ander werke deur Albee sluit in The Zoo Story, The Sandbox en A Delicate Balance. Drie van sy toneelstukke is met die Pulitzer-prys vir drama vereer en twee het Tony-pryse as die beste toneelstuk gewen.

Hy is verlede jaar in die ouderdom van 88 jaar oorlede.

Albee het The Goat, or Who is Sylvia? in 2000 geskryf en dit was twee jaar later op die planke in Broadway, New York. Dit was so gewild dat die speelvak eers nege maande ná die opening ten einde geloop het.

Die stuk open op 24 April in die Baxter-ateljee en die speelvak is tot 18 Mei. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.