Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘The Illusionists’ verstom
Kalin & Jinger is The Illusionists, wat by Montecasino te sien is.Foto:Lance Peterson

Daar is ’n rede waarom The Illusionists beskou word as een van die gewildste vertonings wat Broadway tot dusver opgelewer het, want hierdie produksie hou jou regtig op die punt van jou stoel.

Dis boonop vir oud en jonk geskik en kinders geniet die toertjies, kulkunsies en oëverblindery net soveel as volwassenes.

Die vertoning is ’n kragtige hutspot van verskillende opvoerings – soms verdwyn mense en objekte reg voor jou oë, en soms word die gedagtes gelees van teatergangers uit die gehoor.

Feite of fiksie? Wie sal weet, maar hoe dit ook al sy, dis vermaak op sy beste.

The Illusionists is nog net hierdie naweek by Montecasino te sien. Opskud!

Meer oor:  Broadway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.