Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Theatre on the Square wend hom tot skarefinansiering

Terwyl ’n korporatiewe borgskap van R2 miljoen die ideaal is, moet die Theatre on the Square in Sandton, Johannesburg, binne die volgende sewe weke R200 000 deur middel van skarefinansiering insamel om sy bedryfskoste te kan dek.

Hoewel meer as R136 000 reeds ingesamel is sedert die veldtog Keeping the lights on at Theatre on the Square together! ’n paar dae gelede begin het, moet die volle R200 000 voor 3 Augustus ingesamel word, anders kan die bedrag wat reeds ingesamel is, nie aan die teater betaal word nie.

Die Theatre on the Square in Sandton, Johannesburg, se deure staan toe sedert die staat van inperking verlede jaar in werking getree het.

“Dit is hoe dit werk met skarefinansiering,” sê Daphne Kuhn, stigter van die Theatre on the Square.

Die teater gryp na dié reddingsboei omdat dit sedert die staat van inperking verlede jaar begin het, nog nie weer sake gedoen het nie.

Daar is boonop geen korporatiewe borgskap sedert September 2019 nie en die teater kry geen subsidie van die staat nie.

“Ek voel verantwoordelik vir die kunstenaars,” sê Kuhn.

“Die teater skep werk vir akteurs en ons moes verlede jaar verskeie nuwe Suid-Afrikaanse toneelstukke kanselleer. Maar dit is nie veilig om nou teater in hierdie perseel aan te bied nie. Veral nie noudat ons in die derde vlaag en weer terug op vlak 3 is nie.”

Theatre on the Square
Daphne Kuhn, stigter van die Theatre on the Square.

“Hierdie teater is ondergronds en het ’n klein portaal. Selfs met net 50 mense is dit onveilig en ook nie finansieel volhoubaar nie.”

Kuhn, wat die teater in 1994 in Rosebank en in 1997 in Sandton geopen het, bly egter positief.

“Dis al wat ons kan doen. Ons sal hopelik voor die einde van die jaar kan heropen. Die tyd sal kom. Ons sal waarskynlik met kleiner produksies begin. Ek het eintlik gedink ons nader die regte oomblik daarvoor, maar toe begin vlak 3 weer. Selfs vlak 1 is nie heeltemal veilig nie. Die silwer randjie sal natuurlik wees as ek weer korporatiewe befondsing kan kry. Dit het in die verlede ’n groot verskil gemaak.”

Hoewel die teater se deure gesluit is, het meer as 50 kunstenaars aanlyn grepe opgevoer uit van die produksies wat deur die Theatre on the Square vervaardig is, en het diepgaande teaterstories met die gehoor gedeel.

Teatergangers vra dikwels wanneer die teater gaan heropen. “En dit sál gebeur, want teater verryk ons siele. Die een ding van die pandemie is dat dit inspirasie vir baie nuwe skrywers gebied het. Dit is ook werke wat ons op die planke sal bring.”

• Klik hier om tot die skarefinansiering by te dra.

Meer oor:  Sandton  |  Teater  |  Covid -19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.