Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Tinarie en ander akteurs se ikoniese rolle leef só voort
Tinarie Van Wyk Loots as Liliana in ‘Buite blaf die honde swart’ deur Bernard-Marie Koltès met regie deur Jaco Bouwer. “I’m washing my face. No, I’m not washing my face. I’m waiting till everything stops moving.”Foto: Nardus Engelbrecht

Die gedagte om toneelspel te laat voortleef in ’n ander formaat het aanleiding gegee tot ’n besonderse portretreeks geskep deur die fotograaf Nardus Engelbrecht.

In die eerste van ’n reeks van tien figureer die fenomenale aktrise Tinarie van Wyk-Loots, wat tien ikoniese karakters wat sy vertolk het op die planke herskep het vir Engelbrecht se lens.

Engelbrecht is ’n bekende gesig op die kunstefeeste waar hy akteurs en aktrises in aksie kiek.

“Ek is gelukkig om vir ure lank in die donker te sit en aktrises en akteurs af te neem wat hul harte uitspeel op verhoë. Dit verstom my hoeveel werk in ’n toneelstuk ingaan, maar dan word baie toneelstukke slegs opgevoer by twee of drie feeste, en as die geselskap gelukkig is, kry hulle daarna ook ’n speelvak in ’n teater.”

Die dramaturg Nico Scheepers het hom verlede jaar gevra om die publisiteitsfoto’s van Katvoet te neem. “Dit het my laat dink oor hoe ek toneelspel in ’n ander formaat as op die verhoog kan laat lewe.”

Hy het vir Tinarie genader met die idee om tien verhoogkarakters wat sy al vertolk het te herskep vir ’n unieke portretprojek. “Gelukkig was sy so opgewonde soos ek daaroor. Dit was vir my belangrik dat daar ’n samewerking met die akteur is, en dat sy die tien karakters self kies waarvan ons portrette sou skep.”

Dit was spesiaal om te sien hoe sy weer die karakter se maniërismes aanneem en vertolk tydens die fotosessies, sê Engelbrecht. Elk van die portrette gee iets weer van die karakter en konteks van die oorspronklike stuk.

“Die moeite wat sy met elk van die tien karakters gedoen het, was deurslaggewend vir die eindproduk. Die feit dat sy sy is, het die proses vir my baie maklik gemaak. Ek het haar kreatiewe her-uitbeelding van die karakters so eerlik as moontlik gedokumenteer.” Al die portrette is met ’n 85mm-lens afgeneem.

“Die moeite wat sy met elk van die tien karakters gedoen het, was deurslaggewend vir die eindproduk. Die feit dat sy sy is, het die proses vir my baie maklik gemaak. Ek het haar kreatiewe her-uitbeelding van die karakters so eerlik as moontlik gedokumenteer.” Al die portrette is met ’n 85mm-lens afgeneem.

“Tinarie het ook teks uit elke toneelstuk gekies wat by elke karakter se portret gebruik is. Dit gee meer agtergrond. Ek sal graag met die projek wil aangaan vir solank ek kan. So hopelik is daar nie net tien nie. Ek het ’n idee van ander aktrises en akteurs met wie ek graag die projek sal wil voortsit.”

Die aanvanklike plan was om ’n tradisionele uitstalling van die projek 10Karakters/10Characters te hou, maar Covid-19 het ’n stokkie voor dit gesteek.

“Ek wou ook nie net die foto’s op ’n webwerf sit nie, dit moes meer spesiaal wees. Ek was gelukkig om hulp van vriende te kon inroep.”

Sy vriendin Jenine Lindeque het ’n video van die portrette gemaak en Frederick Peens van Mark Studio het die logo ontwerp.

“Dit alles het dit moontlik gemaak om die aanlyn uitstalling te laat lyk soos dit nou is.”

Belangstellendes kan op 10karakters10characters.co.za na die uitstalling gaan kyk. Dis gratis, maar Engelbrecht moet eers ’n wagwoord verskaf. Om dit te sien kontak hom by nardus.eng@gmail.com om die wagwoord te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.