Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Toneelstuk verbeel Ali en bekende vriende se viering
Richard Lukunku en David Johnson in One Night in Miami.Foto: Iris Dawn Parker

Dink net watter uitklophou ’n gesprek tussen dié vier ikoniese Amerikaners sou kon slaan: Cassius Clay, Malcolm X, Sam Cooke en Jim Brown.

Die Amerikaanse dramaturg Kemp Powers se toneelstuk One Night in Miami speel af op ’n aand in 1964 toe Clay ’n nuwe titel verower het en dit saam met sy drie ewe bekende vriende in ’n hotelkamer vier. Die volgende oggend kondig Clay aan dat hy die Islam-geloof aanhang en hy word Muhammad Ali.

Powers het in sy debuutdrama (2013) dié ware gebeurtenis in die sportgeskiedenis geneem en hom verbeel hoe die gesprek tussen die vier sou verloop.

One Night in Miami, bekroon met die Tedd Schmidt-prys, is vanjaar deel van die Markteater se aanbod vir die herdenkingsmaand van die swart geskiedenis.

Brown was ’n voetbalspeler wat later ’n rolprentloopbaan gevolg het, Cooke was ’n musikant en Malcolm X was ’n geestelike leier.

Swartgeskiedenismaand in Februarie is ’n jaarlikse instelling in Amerika, Kanada en Brittanje om belangrike mense en gebeure in die Afrika-diaspora te gedenk.

James Ngcobo is die regisseur met David Johnson, Richard Lukunku, Lemogang Tsipa, Seneliso Dladla en Sipho Zakwe in die rolverdeling.

Kemp Powers Foto: Damu Malik

Powers, ook ’n prosaskrywer en geskiedenisslaaf, het besluit om die toneelstuk te skryf toe hy besef het dat dié gebeure op 25 Februarie 1964 waar is. Clay het teen Sonny Liston gewen, waarna dit gevier is in ’n hotelkamer in Miami waar Islam-sekerheid teenwoordig was.

“Ek het ’n wonderlike boek deur Mike Marqusee gelees oor die raakpunte tussen sport en die burgerregtebeweging en die ontmoeting tussen Malcolm, Jim, Sam en Cassius die aand ná sy oorwinning. Ek het bewondering vir al vier hierdie mans en daarom het hul vriendskap my dadelik geprikkel,” sê Powers.

Hy doen toe sy eie navorsing oor hoe hulle almal ontmoet het en wou aanvanklik ’n boek daaroor skryf.

“Ek was destyds nog ’n joernalis, en hierdie storie het in my gedagtes gebly. Ek besluit toe om in ’n toneelstuk met ’n denkbeeldige weergawe van daardie aand my eie storievertelling na die verhaal te bring.”

Powers se teks het meestal uit boeke, onderhoude en rolprentmateriaal gespruit.

“Hulle het ook elkeen konflik in hul eie lewens op daardie stadium ondervind. Cassius het inderdaad die volgende oggend sy Islam-geloof aangekondig en Muhammad Ali geword. En minder as ’n jaar ná daardie aand was Malcolm X en Sam Cooke albei dood.”

Powers, wat ook die boek The Shooting: A Memoir geskryf het, se nuwe toneelstuk, Little Black Shadows, debuteer binnekort in Amerika.

* One Night in Miami word tot 25 Februarie in die John Kani-teater in die Markteater opgevoer. Kaartjies kos R90 tot R150. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Drama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.