Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Trek stoute skoene aan vir dié musiekspel

Al weet jy net dat daar skoene en stewels en vuurwarm musiek op die spyskaart is, is dit al genoeg. Die musiekspel Kinky Boots is op pad.

Die rolverdeling van die musiekspel is Donderdag aangekondig en die produksie open op 11 Junie in die Fugard-teater in Kaapstad.

Die rol van die flambojante fopdosser Lola sal vertolk word deur Earl Gregory. Hy was pas te sien in die musiekspel Into the Woods as die bakker en hy was Josef in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat.

Earl Gregory en Darren Craig sal in Kinky Boots te sien wees.

Darren Craig sal in die rol van die fabriekseienaar Charlie Price te sien wees.

Die storie het sy wortels in die werklikheid en Kinky Boots was in 2005 ’n rolprent wat daarna ’n musiekspel geword het. Laasgenoemde het ses Tony- en drie Olivier-pryse gewen.

Charlie Price erf sy pa se skoenfabriek Price & Son wanneer dit op die rand van bankrotskap staan. Hy probeer die onderneming red, maar dinge wil nie vlot nie. Dan kom die fopdosser Lola ’n paar uitspattige stewels met spykerhakke soek. Saam draai hulle sake om en bewaarheid drome. Hulle vind terselfdertyd uit dat hulle baie meer in gemeen het as wat dit mag lyk.

Die musiek is geskryf deur Cindy Lauper en die boek deur Harvey Fierstein, wat vier Tony-pryse op sy kerfstok het. Dit word sedert 2013 ononderbroke in die West End en Broadway opgevoer.

Die regisseur vir die Suid-Afrikaanse produksie is Matthew Wild en die musiekregisseur is Charl-Johan Lingenfelder.

* Van 11 tot 30 Junie. Bespreek by die Fugard se loket by 021 461 4554 of aanlyn by www.thefugard.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.