Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Trevor Noah weer vir Emmy benoem
Trevor Noah

Suid-Afrika se Trevor Noah is weer vandeesweek vir ’n Emmy benoem vir sy geselsprogram The Daily Show with Trevor Noah op Comedy Central.

Die bloeddorstige middeleeuse fantasiereeks, Game of Thrones, loop voor met ’n allemintige 32 Emmy-benoemings, wat prestasie op televisie beloon. Dit word by ’n glansgeleentheid op 22 September in Los Angeles oorhandig.

Volgens Reuters spog vanjaar se Emmy-benoemings met die grootste getal nuwe benoemdes (wat vir die eerste keer benoem word) in agt jaar. Daarby is nege nuwe reekse verteenwoordig in die topkategorieë. Dit sluit in die BBC-Amerika rillerreeks Killing Eve waarvoor die aktrises Jodie Comer en Sandra Oh benoem is, die donker komedie Fleabag van Amazon.com wat 11 benoemings ingeryg het en die Netflix-reeks, Russian Doll.

The Big Bang Theory, een van die gewildste reekse tot nog toe, is in geeneen van die hoofkategorieë benoem nie. Die reeks het in Mei vanjaar geëindig. Die gewilde reeks Chernobyl het 19

Phoebe Waller-Bridge in Fleabag

benoemings losgeslaan. Die reeks handel oor die kernongeluk in Oekraïne en die Sowjet-regering se pogings om dit te verdoesel.

Game of Thrones is al drie keer as beste dramareeks vereer en vanjaar is die akteurs Kit Harington, Emilia Clarke, Lena Headey, Peter Dinklage, Sophie Turner en Maisie Williams vir Emmy’s benoem. Dit is die reeks se slotseisoen.

Hier volg die lys van vanjaar se Emmy-benoemings in die hoofkategorieë:

Dramareeks

Better Call Saul (AMC)

’n Toneel uit The Marvelous Mrs. Maisel

Bodyguard (Netflix)

Game of Thrones (HBO)

Killing Eve (AMC/BBC America)

Ozark (Netflix)

Pose (FX)

Succession (HBO)

This Is Us (NBC)

Komediereeks

Barry (HBO)

Fleabag (Amazon Prime)

The Good Place (NBC)

The Marvelous Mrs. Maisel (Amazon Prime)

Russian Doll (Netflix)

Schitt’s Creek (Pop)

Veep (HBO)

Beperkte reeks

Chernobyl (HBO)

Escape at Dannemora (Showtime)

Fosse/Verdon (FX)

Sharp Objects (HBO)

When They See Us (Netflix)

Televisierolprent

Black Mirror: Bandersnatch (Netflix)

Brexit (HBO)

Deadwood: The Movie (HBO)

King Lear (Amazon Prime)

My Dinner with Herve (HBO)

Akteur in ’n dramareeks

Jason Bateman (Ozark)

Sterling K. Brown (This Is Us)

Kit Harington (Game of Thrones)

Bob Odenkirk (Better Call Saul)

Billy Porter (Pose)

Milo Ventimiglia (This Is Us)

Aktrise in ’n dramareeks

Emilia Clarke (Game of Thrones)

Jodie Comer (Killing Eve)

Viola Davis (How to Get Away With Murder)

Laura Linney (Ozark)

Mandy Moore (This Is Us)

Sandra Oh (Killing Eve)

Robin Wright (House of Cards)

Akteur in ’n komediereeks

Anthony Anderson (Black-ish)

Don Cheadle (Black Monday)

Ted Danson (The Good Place)

Michael Douglas (The Kominsky Method)

Bill Hader (Barry)

Eugene Levy (Schitt’s Creek)

Aktrise in ’n komediereeks

Christina Applegate (Dead to Me)

Rachel Brosnahan (The Marvelous Mrs. Maisel)

Julia Louis-Dreyfus (Veep)

Natasha Lyonne (Russian Doll)

Catherine O’Hara (Schitt’s Creek)

Phoebe Waller-Bridge (Fleabag)

Akteur in ’n komediereeks

Mahershala Ali (True Detective)

Benicio Del Toro (Escape at Dannemora)

Hugh Grant (A Very English Scandal)

Jared Harris (Chernobyl)

Jharrel Jerome (When They See Us)

Sam Rockwell (Fosse/Verdon)

Aktrise in beperkte reeks of rolprent

Amy Adams (Sharp Objects)

Patricia Arquette (Escape at Dannemora)

Aunjanue Ellis (When They See Us)

Joey King (The Act)

Niecy Nash (When They See Us)

Michelle Williams (Fosse/Verdon)

Kompetisieprogram

The Amazing Race (CBS)

American Ninja Warrior (NBC)

Nailed It (Netflix)

RuPaul’s Drag Race (VH1)

Top Chef (Bravo)

The Voice (NBC)

Gespreksreeks

The Daily Show with Trevor Noah (Comedy Central)

Full Frontal with Samantha Bee (TBS)

Jimmy Kimmel Live (ABC)

Last Week Tonight with John Oliver (HBO)

Late Late Show with James Corden (CBS)

Late Show with Stephen Colbert (CBS)

Vroulike byspeler in ’n dramareeks

Gwendoline Christie (Game of Thrones)

Julia Garner (Ozark)

Lena Headey (Game of Thrones)

Fiona Shaw (Killing Eve)

Sophie Turner (Game of Thrones)

Maisie Williams (Game of Thrones)

Manlike byspeler in ’n dramareeks

Alfie Allen (Game of Thrones)

Jonathan Banks (Better Call Saul)

Nikolaj Coster-Waldeau (Game of Thrones)

Peter Dinklage (Game of Thrones)

Giancarlo Esposito (Better Call Saul)

Michael Kelly (House of Cards)

Chris Sullivan (This Is Us)

Gasaktrise in dramareeks

Laverne Cox (Orange Is the New Black)

Cherry Jones (The Handmaid’s Tale)

Jessica Lange (American Horror Story: Apocalypse)

Phylicia Rashad (This Is Us)

Cicely Tyson (How to Get Away With Murder)

Carice van Houten (Game of Thrones)

Gasheer van ’n werklikheidsprogram of kompetisieprogram

James Corden (The World’s Best)

Ellen DeGeneres (Ellen’s Game Of Games)

Marie Kondo (Tidying Up With Marie Kondo)

Amy Poehler & Nick Offerman (Making It)

RuPaul (RuPaul’s Drag Race)

Meer oor:  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.