Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
TV-verhoog: Lizz se kuite en skeermes gaffel goediglik

Elke ander duim ’n dame
. Met Lizz Meiring. Lefra Kelderkonsert

Lizz Meiring het al sinoniem geword met eenvrouvertonings en hierdie een word beskryf as ’n “slim, skerp, snaakse, vermaaklike en verrassende” produksie.

Natuurlik vereenselwig ’n mens me. Meiring met giggel-guitige komedie. Gevat, bekkig, vol kwinkslae en raakvat-sêgoed, maar haar produksies kan ook ’n ernstige draai gooi. Sy besin oor die tyd waarin ons ons bevind en die probleme wat dreig om mense onder te kry. Maar nie nadat Lizz hulle eers getakel het nie!

Haar karakters is menslik, maklik om mee te identifiseer, fiks (daardie kuite!) en meevoerend.

Haar karakters is menslik, maklik om mee te identifiseer, fiks (daardie kuite!) en meevoerend. Sy satiriseer enigeen, van presidente en “Jong Dames Sianied” se konserwatisme tot vroomheid, voorgee, valsheid, hartlikheid en mededoë. Sy kombineer dit dikwels in ’n vermaaklike pakket vol kleur, ’n krullebol, rooi wange en pruilmondjie, maar met ’n skeermesmond!

Selfs Lolita, en ’n “neopolitieke kinderstorie” kom onder die loep. Indien jy deur die wakker-skud-realisme van die Australiese TV-reeks Stateless gesit en dit oorleef het, het mens nodig om by ’n giggelende vriendin te kuier, en die jolige Lizz is al so ’n deel van ons huis soos die LED-skerms of die vrolike eende wat in formasie deur die ouderling se sitkamer vlieg. Jy verkneukel jou die een oomblik en die volgende kom sy jou, soos die skerpneus-strokieskarakter tant Minnie, in jou sagte sensitiwiteite by.

  • Dit sluit in die Suid-Afrikaanse man wat sal moet uithaal en wys of wyslik toehou en bedek! Sondag 2 Augustus om 17:00. Kaartjie kos R125 per huishouding. Besprekings by itickets. co.za of by lefra.com.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.