Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Unieke teaterervaring in intieme spasie boei
Ben Pienaar in Koud. Foto: Henque Heymans

DEURnis

Pretoria

Jy self voel soos ’n karakter. Juis omdat elke speler in dié solostukke jou reguit in die oë kyk, na jóú toe uitreik. Jy is immers die enigste een om mee te praat op daardie oomblik.

Soms voel jy skuldig, soms hoogs gewaardeerd. Moet jy liefs swyg of voel jy dat jy repliek moet lewer?

Só lewendig is DEURnis aangebied deur Theatrerocket Productions in Pretoria.

By tye word jy selfs gevra om iets te doen, soos om ’n glas water aan te gee.

Dit is teater van ’n ander omvang. Só verloop jou aand as gehoorlid: ’n Paar solostukke word in verskillende vertrekke in ’n huis opgevoer. Een speler, een gehoorlid.

Elke solostuk duur sowat 20 minute en wanneer dit klaar is, ruil die gehoorlede om.

Jy kan die produksiespan loof veral omdat wat hier afspeel, glad nie voorspelbaar is nie.

Die gehoorlid sal stellig nie altyd gemaklik wees nie, maar dit hou aan om ’n mens te prikkel, weer die onvoorspelbaarheid. Dié benadering tot teatraal-storievertel, die eiesoortigheid daarvan, kan ’n mens nie ignoreer nie. Dit het ook al in ander lande posgevat.

Die spelers dra hul stories so sterk oor, jy voel soms jy moet iets terug sê, reaksie toon. ’n Hand uithou, om verskoning vra of troos. Jy plaas egter die wag voor jou mond, juis omdat jy nuuskierig bly . . .

Die spelers se geesdrif is so tasbaar. Ook vir hulle is dit ’n heel ander benadering. Hulle weet tog immers self ook nie wie wag op hulle wanneer die deur oopgaan nie.

En elke teks, so kort soos wat dit is, bied onverwagse kinkels.

’n Ander groot sterkpunt van DEURnis is die vereenselwiging. Die gehoorlid is self hierdeur, of ken iemand. Hierdie resensent het heeltyd gedink aan kuns wat die lewe naboots, maar ook die lewe wat kuns naboots.

Vreeslik herkenbare scenario’s speel voor jou in hierdie klein ruimte af. Metafories gelaai op die koop toe.

Die vier stukke waaruit DEURnis bestaan, is Bloos met Barend Mynhardt, met die teks en regie deur Smith; Koud met Ben Pienaar, met die teks en regie deur Henque Heymans; Swem met Jannes Erasmus wat ook die teks geskryf het, met Van der Merwe as regisseur; en Nat met Stephanie Gericke, met die teks deur Heymans en regie deur Aneshree Neshra Paul.

Susan Ribeiro van die Huis van Afrikaanse Poësie in Capital Park het haar huis beskikbaar gestel. Teater is glad nie ’n beperkte medium nie, ook nie wat die fisiese lokaal betref nie.

DEURnis voeg by tot die krag van storie vertel.

Tot 11 November

Meer oor:  Teater  |  Opvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.