Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Uys bring ’n stewige dop optimisme
Pieter-Dirk Uys

Met ’n paar “bekende ou donners” hou die satirikus Pieter-Dirk Uys Vrydag sy eerste virtuele konsert.

“My karakters ervaar immers ook hierdie werklikheid,” sê hy oor die Covid-19-pandemie.

Daarom wil hy met Pieter-Dirk Uys Says Hello Darling! ’n bietjie verligting bring.

“Evita Bezuidenhout dra haar lewe lank al ’n masker,” sê hy oor sy geliefde alter ego. “Eers was dit die NP-masker. Nou die ANC-masker. Want die virus van politiek is nog met ons en sonder entstof!”

Die regstreekse konsert duur 67 minute omdat dit ’n dag voor Mandela-dag gehou word. Hy wil mense toelaat om 67 minute aan hulself af te staan voordat hulle Saterdag dié tyd gebruik om vir iemand anders iets goeds te doen.

Uys moes weens die staat van inperking sowat 200 konserte kanselleer.

“Ons is almal platgeslaan, maar ek glo daar is lig aan die einde van die tonnel. Dis net, daardie tonnel is krom. Ons is nog nie om daardie draai nie. ’n Bietjie humor kan miskien help . . . Almal het ’n stewige dop optimisme nodig.”

Uys is onder meer bekend om sy konsert An Audience with Pieter-Dirk Uys, maar nou staan hy nie voor ’n gehoor nie.

“Nee, maar dis baie meer persoonlik as in die teater. Daar is jy een uit 300 in die gehoor. My stroming gaan net aan die persoon wat dit kyk. Dis ’n heerlike vooruitsig. Ek hoop elke kyker sal weet die hele vertoning is persoonlik en net vir hulle.”

Dit word in die Penny Lane-ateljee in Kaapstad verfilm.

“Ek het al voorheen ‘pre-recorded live’-opnames gedoen, maar dit is my eerste werklike regstreekse stroming – uit my mond na jou oor.”

Uys probeer sy optimisme behou. Hy verwys na William Shakespeare wat midde-in ’n inperking sy beste werk gelewer het.

“Ek probeer om die reeds meer as 100 dae van die inperking en alleenloop te gebruik om nuwe werk te beplan vir ’n toekoms wat nog sonder vorm of feit agter die bult wag.”

• Die konsert begin Vrydag om 18:00.

• Kaartjies kos R70. Bespreek by quicket.co.za.

Meer oor:  Teater  |  Pieter-Dirk Uys  |  Aanlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.