Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Variasie van stories op SoloAfrika-fees

Drie stories wat uiteenlopende kwessies takel is op die program van die tweede SoloAfrika-fees van MonoDrama wat by die Kunstekaap aangebied word.

Die Applauz Arts-inisiatief, ’n niewinsgewende organisasie wat die fees aanbied, beywer hulle vir ’n uitdagende kreatiewe narratief wat opkomende kunstenaars die geleentheid gee om hul stem te laat hoor.

Twee van die monoloë is spesifiek vir die tweede fees ontwikkel.

Simone Heradien speel in The Real Mrs. Muhammed.

Simone Heradien sal die verwikkeldheid van ’n interkulturele verhouding tussen ’n Moslem-Pakistani en onverskrokke (ongelowige) Suid-Afrikaanse vrou pak in The Real Mrs Muhammed. Al het dié verhouding sy eie uitdagings, blyk dit dat daar boonop in sy tuisland ’n “gekose vrou” vir hom wag.

Die sanger en aktrise Natalia Da Rocha sal te siene wees in Not Now! Not My Children. Ná 34 jaar waarin ’n ma haar drie kinders grootgemaak het, sit sy nou met ’n leë nes. Die vrae wat deur haar kop maal, is: Wat het met haar lewe gebeur? Was sy ’n goeie ouer? Wat is die gevolge van die keuses wat sy gemaak het?

Dominic Paulsen se Fat Man Coop het verlede jaar by die eerste fees gedebuteer en was so gewild dat dit vanjaar terugkeer. Dit is die verhaal van ’n vetsugtige man wat worstel met depressie en gedagtes van selfdood, wat hom terugtrek in sy “coop”, sy slaapkamer. Maar dit blyk sy slaapkamer is juis nie die veilige hawe nie.

Natalia Da Rocha in Not Now! Not My ChildrenV.

Al die produksies word ondersteun deur Kurt Egelhof, wat as mentor en regisseur betrokke is. Egelhof is al vir 34 jaar in die bedryf en het in 1981 sy loopbaan as ’n akteur begin.

*Die SoloAfrika-fees van MonoDrama word tot 1 September in die Arena-teater by die Kunstekaap aangebied.

Kaartjies kos R120 en R60 vir studente/pensioenarisse.

Besprekings kan gedoen word deur Dail-a-seat by 021 421 7695.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.