Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Verdien 'n boelie simpatie?

Die akteur Jaques de Silva glo dis moeilik om te bepaal of mense simpatie sal hê met die boelie Erik in die eenmanstuk Evil wat tot Saterdag in die Theatre on the Square in Johannesburg opgevoer word.

Jaques de Silva in ‘Evil’. Foto: Philip Kuhn

“Aan die een kant is hy ’n slagoffer van boelies, maar dan gedra hy hom ook soos ’n boelie,” sê De Silva.

“Die storie is eintlik eenvoudig en baie duidelik. Deur middel van die karakter se vertelling oor sy tienerjare laat hy die gehoor toe om in sy skoene te staan. Hulle raak vertroud met sy wêreld.”

Evil
Jaques de Silva Foto: Philip Kuhn

De Silva het sy dogtertjie na die dieretuin geneem toe hy die teks by hom gehad het. Sy dogtertjie het aan die slaap geraak en hy het besluit om die teks te lees. Hy het dadelik besef dit is ’n baie opwindende, maar veral belangrike stuk om op te voer.

Dit is gegrond op die semi-outobiografiese roman Ondskan deur die Sweedse skrywer Jan Guillou. Die Sweedse akteur Benny Haag het die verhoogverwerking gedoen.

Laine Butler en Mike da Silva is plaaslik die regisseurs van dié stuk wat as een van die beste toneelstukke op die Imaginate Youth Festival in Edinburgh aangewys is.

“ ’n Mens hou duim vas vir Erik van die begin af,” sê De Silva.

“Vroeg in die stuk vertel hy hoe hy (as kind) saam met sy ouers aan die etenstafel was toe die vuishou hom op die regterwang tref.”

Sy pa het hom geslaan. Hy beland oplaas in ’n koshuis weg van die huis af, maar hier gaan dit ook nie goed met hom nie. Hy ontwikkel egter ’n verdedigingsmeganisme.

“Hy knoop ’n vriendskap aan met sy kamermaat. En dis vir my belangrik om die storie van die vriendskap te vertel – iemand wat jou sien en hoor vir wie jy is. Of jy ’n slagoffer van boelies of self ’n boelie is. Dis goed as jy iemand in jou lewe het met wie jy eerlik kan wees. Met Erik se vriendskap kan ’n mens tog sy menslikheid waarneem.”

* Vertonings is Woensdag, Donderdag en Vrydag om 20:15 en Saterdag om 18:00 en 20:15. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Teater  |  Boelie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.