Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Vir moderne gehoor én die nostalgievrate

Here’s to You – The Simon & Garfunkel Songbookmet Josh Ansley en Phindy Dube.

Musikale leiding: Wessel Odendaal

Kort op die hakke van die huldeblyk aan The Beatles in Danny Boyle se treffer Yesterday, volg die tydige herinnering aan musiek wat die sestigerjare gekenmerk en persoonlikheid gegee het: Simon en Garfunkel se weergalose en sielvolle treffers.

In dié produksie, wat veral ontluikende talent en ou bekendes aan Suid-Afrika bekendstel, word 20 van hul bekendste treffers gesing.

Wessel Odendaal is in beheer van die produksie, en het die talente van Josh Ansley, naaswenner van The Voice South Africa 2017, en Ashleigh Butcher (van Idols-faam) ingespan vir hierdie glansproduksie.

Die stuk herontwerp eintlik die briljante sangpaar se musiek vir ’n moderne gehoor, maar dit word ook so gesing dat nostalgievrate meer kry as wat hulle sou verwag uit Simon en Garfunkel se sielsverrykende treffers.

Die stories oor hoe die musiek soos “(Here’s to you) Mrs. Robinson” vir The Graduate geskryf is, is legendaries. Volgens oorlewering is van die musiek so vinnig geskryf om betyds klaar te wees vir die fliek, dat daar nie altyd lirieke by was nie!

Art Garfunkel, met sy woeste hippie-haarstyl, het natuurlik sy lyf self later rolprentster gehou in prente soos Carnal Knowledge, terwyl Paul Simon sy eie pad geloop het met trefferalbums soos Graceland. Maar saam het hulle onvergelyklike liedjies soos “The Sound of Silence” en “Bridge Over Troubled Water” geskryf nadat hulle mekaar reeds op skool ontmoet en saam begin sing het. Terloops, hul aanvanklike verhoognaam was Tom & Jerry.

Dié verhoogproduksie behoort jou in vervoering te laat saamsing.

  • By Pieter Toerien se Montecasino-teater, Fourways. Tot 28 Julie.
Meer oor:  Josh Ansley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.