Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Vlak 4: Kunstekaap sluit ook vir eers sy deure
Die Kunstekaap-teater in Kaapstad. Foto: Facebook

Die Kunstekaap-teater in Kaapstad het Maandag aangekondig ingevolge die vlak 4-regulasies gaan dié teater ook sy deure vir die volgende twee weke sluit.

Luidens ’n verklaring Maandag sê die teater se bestuur “te midde van hierdie moeilike tye is ons teatergangers se veiligheid en welstand ’n prioriteit”.

Aangesien pres. Cyril Ramaphosa alle byeenkomste, insluitende kuns- en kultuurbyeenkomste, vir twee weke verbied het, moet die teater nou ook vir eers sy deure toemaak.

Marlene le Roux, die Kunstekaap se uitvoerende direkteur, sê aan Netwerk24 hulle het die aankondiging van die president verwag.

“Ons gaan nou hierdie tyd gebruik om ons gebou behoorlik te ontsmet en instandhoudingswerk te doen sodat ons produksies dadelik kan hervat sodra dit veilig is om dit te doen,” sê Le Roux.

Marlene le Roux, uitvoerende direkteur van die Kunstekaap-teater. Foto: Verskaf

Sy sê dis hartseer dat kunstenaars weer eens ’n knou moet verduur weens die pandemie.

“Daar moet regtig daarna gekyk word dat daar ook ’n toelaag aan kunstenaars betaal kan word, want hulle het ook families na wie hulle moet omsien en as teaters sluit, het hulle geen wyse van inkomste nie.”

Le Roux sê sy was Maandag in ’n vergadering waar sy gevra het dat kunstenaars en tegnici in teaters ook so gou moontlik ingeënt moet word.

“Dit is regtig ’n verskriklike saak as mense hul inkomste verloor.”

Diegene wat kaartjies vir vertonings gekoop het, kan die Kunstekaap by 021 421 7695 bel vir ’n terugbetaling, of hulle kan hul kaartjieprys aan die kunstenaars skenk.

Meer oor:  Kunstekaap  |  Koronavirus  |  Covid-1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.