Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Wel potensiaal, maar lok min simpatie uit

The Heroin Diaries

Alexander Upstairs-teater,

Strandstraat

**

Om ’n naald te deel, is amper ­intiemer as seks.

Die gehoor deel in die dodelike duet van Craig (Milton Schorr), reeds 15 jaar verslaaf en ’n ­ywerige heroïenverskaffer, en ­Leila ­(Melissa Haiden), ’n ewe ywerige beginner.

Op sy eie onhandige manier ­probeer hy haar ontmoedig om op die pad na selfvernietiging te begin stap.

Die verhaal speel af in ’n woonstelkamer met ’n tafel waar daar gesny, verdeel en gebruik word. Dis ongenaakbaar soos die inhoud van die stuk.

Schorr se stuk is een van die wenners van vanjaar se Imbewu-teksskryfkompetisie. Een van die voordele van die prys is dat met die ontwikkeling daarvan gehelp sal word en dat dit deur ’n professionele regisseur, in hierdie geval Fred Abrahamse, opgevoer word.

Die ou-ou gesegde van wys en moenie vertel nie, is hier nodig. ’n Verteller behoort nie nodig te wees om te sê “nou trek hy/sy die rook in” of “die telefoon lui” nie.

Dit het geen sin dat die twee ­akteurs met hul hande op die tafel sit en praat en praat nie. Handeling is nodig.

Die afwesigheid van die musiek waaroor gepraat word, hinder. Hoekom is daar nie hartseer musiek wat gehoor kan word nie?

In die geheel het dit gevoel asof hierdie eerder ’n voorlees van die teks pleks van ’n volledige toneelstuk is.

Die stuk behoort opgevoer te word met die nodige rekwisiete. Die toneelspel is ook nie sterk genoeg om die gewigtige inhoud van die teks te dra nie.

Daar word by herhaling gevra waarom die een so hartseer is en waarvan die ander een probeer weghardloop.

Dis egter moeilik om simpatie met enige van die twee karakters te hê of te voel dat enige van die twee onder jou vel inkruip.

Die stuk het potensiaal, maar dit moet ontwikkel en verfyn word voordat dit werklik ’n indruk sal maak.

The Heroin Diaries word weer van 14 tot 26 November om 21:00 opgevoer. Bespreek by alexanderbar.co.za/shows-upstairs.

Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.