Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Wen kaartjies om saam met spoke te eet

Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Spookstorie-produksies se vertoning DIE-anner-LEWE Saterdag in die Snowflake-gebou in Potchefstroom.

Verbeel jou, dit is ’n donker aand daar buite. Jy en ’n paar gaste sit langs ’n etenstafel in ’n spookagtige geskiedkundige gebou wat uit die 1930’s dateer. Aandete is bedien en jou wynglas is vol, maar onderlangs hou jy die vreemde skaduwees dop wat die kerslig teen die afgeskilferde mure teken.

“Hoe lyk dit, gaan iemand vir ons ’n spookstorie vertel?” vra een van die gaste uit die bloute.

DIE-anner-lewe beloop ’n aand vol storievertel en sang.

Charl en Carla Erasmus en Jaco Hough-Coetzee.

Die joernalis Jaco Hough-Coetzee, ook die skrywer van die boek Van skoolbank tot bordeelbed, is die storieverteller. Dit is ’n aand van spookstorievertellings wat afgewissel word met die musiek deur die sangpaar Die venster bestaande uit Charl en Carla Erasmus.”

DIE-anner-LEWE word aangebied deur Spookstorie-produksies wat die gewilde Pretoria Spookbus-uitstappie reeds die afgelope 15 jaar maandeliks aanbied.

Hough-Coetzee onthou ’n tyd toe mense nog nie aan televisie of selfoonskerms verslaaf was nie.

“Toe families en vriende saans in die kuierkamer, op die stoep of langs die kampvuur bymekaar gekom en die heerlikste spookstories, aangrypende staaltjies en bonatuurlike legendes uit die verlede met mekaar gedeel het. Tussendeur die stories is daar ook na langspeelplate geluister. Dit is presies wat die verhoogproduksie DIE-anner-LEWE nou aan mense bring.”

Charl Erasmus, ’n tenoor, sê toe hulle die produksie se musiekrepertoire saamstel, het hulle spesifiek bekende liedjies gekies wat almal ondertone van die spookverhaal-genre het.

“Dit sluit in klassieke musiektreffers soos ‘All I Ask of You’ en ‘Music of the Night’ van Andrew Lloyd Webber, asook Afrikaanse gewildes soos Koos du Plessis se ‘Sprokie van ’n stadskind’ en ‘Kinders van die wind’. Dit is alles liedjies wat die vertellings aanvul.”

Hough-Coetzee sê die stories is nie fiktief nie.

“Die stories wat ons na die Snowflake-verhoog bring, is ware verhale wat deur gewone mense, soos ek en jy, waargeneem is. Baie van hierdie stories het in boeke, koerante en tydskrifte verskyn. Ander is weer persoonlik aan my vertel. Dit is alles stories van hiérdie ander lewe.”

Hough-Coetzee beskryf die aanbieding as ’n unieke verhoogervaring deurweef met die interessante geskiedenis van Potchefstroom.

“Dit is ’n aand uit wanneer ons na gister stap, terug op die voetspore van hulle wat lank voor ons hier gewoon, gewerk en geleef het, maar waarvan sommiges vergeet het om te vertrek.”

NB Car Sales in Potchefstroom is die konsert se hoofborg.

* Dit begin om 18:30. Kaartjies kos R250 wat ’n aandete insluit. ’n Kontantkroeg is ook tydens die geleentheid beskikbaar.

* Besoek spookbus.co.za vir meer inligting oor Spookstorie-produksies.

Om vir die kompetisie in aanmerking te kom, moet die lesers een vraag reg beantwoord:

Wat is die drie kunstenaars se voorname?

Stuur jou antwoord, met jou kontakbesonderhede na spookbus@gmail.com voor Vrydag om 12:00.

Die woorde “LEWE-KOMPETISIE” moet in die onderwerpveld aangedui word. Die kaartjies sluit die aandete in.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Teater  |  Spookstories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.