Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Wen kaartjies vir ‘3 Susters’

Ses lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die gewilde komiese toneelstuk 3 Susters se debuut in Gauteng.

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm in 3 Susters. Foto: Robert Hamblin

Dié toneelstuk deur Louis Pretorius, bekend om televisiereekse soos Fynskrif en Die boekklub, word van 20 tot 24 Februarie in die Atterburyteater in Pretoria opgevoer.

Dié drie susters vertolk deur Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm met regie deur Tara Notcutt sit op ’n lughawe en wag vir ’n vertraagde vlug na Thailand.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. So hier sit hulle nou. Sal hulle ooit daar kom? Het hulle nog lus vir die reis?

Dit het in 2018 tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela gedebuteer.

Om ’n kans te staan om ’n dubbelkaartjie na die vertoning van jou keuse in die Atterburyteater te wen, stuur ’n e-pos na margitm@mweb.co.za voor 19:00 Donderdag (vandag).

Die e-pos moet jou naam en besonderhede insluit.

* Vertonings is van 20 tot 23 Februarie om 20:00 en op 24 Februarie om 16:00. Kaartjies kos R160 tot R180. Bespreek by iTickets.

* Ná die speelvak in die Atterburyteater is die produksie ook op die planke by die US Woordfees in Stellenbosch van 1 tot 10 Maart, by die KNNK in Oudtshoorn van 21 tot 28 Maart en in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, Kaapstad, van 21 Mei tot 2 Junie.

Meer oor:  Lizz Meiring  |  Atterburyteater  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.