Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Wêreldbekende teaters stroom gratis vertonings

Teaterliefhebbers kan binnekort van die mees vooraanstaande teatervertonings ter wêreld sien – terwyl hulle die inperkingsregulasies gehoorsaam.

James Corden en Suzie Toase in die teaterstuk ‘One Man, Two Guvnors’ wat gratis op die National Theatre in Londen se YouTube-blad uitgesaai gaan word. Foto: National Theatre Live

Die National Theatre in Londen, die Bolsjoi-teater in Moskou en die Metropolitan-operahuis in New York het om die beurt aangekondig dat hulle van hul beste teater-, ballet- en opera-aanbiedinge gratis gaan stroom.

Die National Theatre, wat tot Julie weens die Covid-19-pandemie gesluit is, gaan van 2 April elke Donderdagaand om 21:00 (Suid-Afrikaanse tyd) ’n teaterproduksie op sy YouTube-blad uitsaai.

Die teater se projek National Theatre at Home sluit in die teaterstukke One Man, Two Guvnors op 2 April, Jane Eyre op 9 April, Treasure Island op 16 April en Twelfth Night op 23 April.

Al dié stukke sal vir sewe dae op YouTube beskikbaar wees voor dit verwyder word.

Die Bolsjoi-teater het reeds op 27 en 28 Maart die ballette Swanemeer en Die slapende skone op hul YouTube-blad uitgesaai.

Nou volg Rimski-Korsakof se opera Die tsaar se bruid op 1 April, Daniel Auber se ballet Marco Spada op 4 April, Moessorgski se opera Boris Godoenof op 7 April en Tsjaikofski se geliefde Die neutekraker op 10 April.

Al dié aanbiedinge word om 18:00 (Suid-Afrikaanse tyd) uitgesaai en sal vir 24 uur beskikbaar wees.

Naguile wat in die bui is vir nog opera, kan die Metropolitan-operahuis se gratis Nightly Opera Stream op hul webwerf dophou.

Al die hoogtepunte van die operahuis se Live in HD-reeks oor die afgelope 14 jaar word hier gestroom en sluit onder meer Poulenc se Dialogues des Carmélites op 30 Maart, Rossini se Il barbiere di Siviglia op 31 Maart, John Adams se Nixon in China op 1 April, Verdi se Don Carlo op 2 April, Bizet se Les pêcheurs de perles op 3 April, Verdi se Macbeth op 4 April en Bellini se opera Norma op 5 April in.

Al die vertonings begin om 01:30 in die oggend (Suid-Afrikaanse tyd) en sal vir 23 uur op die operahuis se webwerf beskikbaar wees.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Musiek  |  Opera  |  Koronavirus  |  Teater  |  Ballet  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.