Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Wes-Kaapse tieners neem voortou in ATKV-Tienertoneel

Wes-Kaapse tieners het loshande die voortou geneem in die ATKV-Tienertoneelkompetisie wat vanjaar weens die pandemie in ’n monoloogkompetisie omskep is.

Hier is die ”super-12” wat op 14 November sake in die eindronde van die ATKV-Tienertoneelkompetisie gaan uitspook. Foto: ATKV

Agt van die sogenaamde “super-12”-leerlinge wat tot die eindronde deurgedring het, is van skole in die Wes-Kaap – vier van hulle is van Stellenbosse skole.

Luidens ’n mediaverklaring is die volgende leerlinge vanjaar se “super-12” (in alfabetiese volgorde):

  • Alma van Heerden van die Kuswag-skool in Amanzimtoti met haar teks, Alleen;
  • Anja Pieterse van die Hoërskool Stellenbosch met Altyd Johan;
  • Chrizelle Strydom van die Hoërskool Upington met Wegbreek;
  • Elzaan Daniels van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad met Skeletons;
  • Eckard van Heerden van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein met Die bloed in my oë;
  • Jeanne-Marié Koekemoer van die Hoërskool Stellenbosch met Val;
  • June Kurger van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes met Okay cool;
  • Jurie Boshoff van die Hoërskool Hugenote in Wellington met Kollig;
  • Lisa Kukard van die Hoërskool Durbanville met My Matilda en die Chinees;
  • Merwe van Gent van die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp met Ingeperk;
  • Nichola Viviers van die Hoër Meisieskool Bloemhof met Bonuspunt, en
  • Ninke Theron van die Hoërskool Stellenbosch met Mamma en ek.

Volgens Henriëtta Gryffenberg, aktrise, regisseur en vervaardiger, het die pandemie vanjaar se Tienertoneel byna ’n nekslag toegedien, maar die opkomende teatertalent het hulle nie daardeur laat onderkry nie.

“Die gemak waarmee die deelnemers die nuwe medium – om kort monoloë te skryf en dan te verfilm – omarm het, het nie net uitstekende toneelwerk opgelewer nie, dit het ook bewys hoe vindingryk jong mense met verandering kan omgaan,” sê sy in ’n mediaverklaring.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-Tienertoneel, is dit met haar eens.

“223 talentvolle tieners het vanjaar ingeskryf. Die top-20 is in September aangewys en het na gelang van ATKV-Tienertoneel-mentors se terugvoering die geleentheid gehad om aan hul werk te skaaf.

“Hierdie aangepaste inskrywings is deur die paneel in die halfeindronde beoordeel, en die super-12 gaan in die eindronde op 14 November met hul laaste aangepaste weergawe van hul nuutgeskrewe monoloog skitter.”

Die eindronde sal gratis op die ATKV se Facebook-blad en YouTube-kanaal uitgesaai word.

Al die inskrywings in die halfeindronde is op die ATKV se webblad beskikbaar. Kykers kan daar vir hul gunstelinge stem en daarmee die kans staan om R1 000 te wen. Die inskrywing met die meeste kykerstemme sal ook op 14 November aangekondig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.