Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
2 van ‘Boer soek ’n vrou’ verloof
Adriaan Geldenhuys en sy geliefde, Helene Retief. Foto: Facebook

Die getroude lewe wink nou vir twee deelnemers aan die negende reeks van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou.

Adriaan Geldenhuys, die skaapboer van Riversdal in die Suid-Kaap, het die naweek vir Helene Retief van Durbanville by ’n vlei op sy plaas die groot vraag gevra waarop sy toe ja geantwoord het.

“Dit was deel van ons normale Sondagmiddag-roetine om ’n rustige dag te hê, koffie te drink, wasgoed te was, deur die skape te stap en op die plaas rond te ry – hy in sy plaasklere en ek in my oefenklere. Ek was eintlik gereed vir ’n middag-draffie later, so ek het geen grimering aan gehad nie.

“Adriaan vat my toe na die vlei toe. Volgens hom wou hy my gaan wys het hoe dit gereën het. En daar gaan die man op sy knie,” het sy aan kykNET gesê.

Sy het gesê sy het onmiddellik begin huil omdat sy nie geweet het wat aangaan nie.

“Ek het dadelik begin huil, want ek het nie verstaan wat aangaan nie – en ek was vas oortuig iemand sit in die bos met ’n kamera besig om my af te neem terwyl ek geen grimering aan het nie. Ek kry toe so skaam.

Ek het dadelik begin huil, want ek het nie verstaan wat aangaan nie – en ek was vas oortuig iemand sit in die bos met ’n kamera besig om my af te neem terwyl ek geen grimering aan het nie. Ek kry toe so skaam.

“Maar toe besef ek dit is eintlik net eenvoudig die rou oomblik alleen saam met mekaar, ’n oomblik waarin ons tevrede is met net die eenvoudige dinge in die lewe.

“Ons het daar gesit vir ’n paar ure, en rustig ’n glasie gin gedrink terwyl hy my vertel het hoe hy vir my pa gaan vra het in die Kaap, en met my ma gesels het sonder dat ek geweet het, die vorige naweek toe sy kom kuier het,” het sy aan kykNET gesê.

Luidens die berig op kykNET se webtuiste het Adriaan die ring aangeskaf tydens ’n week lange sakereis wat Helene na Johannesburg onderneem het. Sy het gesê Adriaan se optrede was glad nie anders in die weke voor hul verlowing nie.

“Nie eers vyf minute voor dit gebeur het nie. Ek het juis gedink dit sal glad nie nou gebeur nie want dis ’n besige maand vir ons,” het sy aan kykNET gesê

Die paartjie, wat duidelik verlief was tydens die reeks se verfilming, sê hul droomtroue sal ’n dag wees waar almal wat vir hulle spesiaal is genooi is.

Luidens kykNET se webtuiste sal dit ’n dag wees waar almal dans totdat die son opkom en dit is vir hulle belangrik dat almal wat dit bywoon saam met hulle die dag sal geniet.

“Ons sal maar hou by die tradisionele goedjies van troue, so, ja, maar julle sal sien,” het Retief aan kykNET gesê.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.