Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
24 uit bykans 2 000 gekies vir ‘Die kontrak’
Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Monique Steyn en Tarryn Lamb is die mentors van Die kontrak. Foto: Verskaf

Uit 1 976 aspirantsangers met ’n droom om ’n platekontrak los te slaan, moes die mentors ’n skamele 24 kies vir VIA se werklikheidsreeks Die kontrak.

Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall sê dit was nie maklik om deur al die inskrywings te gaan en uiteindelik ’n keuse te maak nie.

Hulle moes deur die inskrywings wat op platforms soos Facebook, Instagram, Twitter en die NetNuus-app ingestuur is, gaan om elk ’n groep van ses sangers te kies.

“Dit het lank geneem om deur al die inskrywings te gaan. Ek moes myself keer om nie elke keer kommentaar op die inskrywings te los nie, want jy voel so sleg as iemand iets opsit en jy sê net niks, maar ek moes elke dag minstens ’n uur na inskrywingsvideo’s kyk. Ek en my gesin het dit saam gekyk en dit vreeslik geniet,” sê Blue.

Lamb sê sy is tevrede met die inskrywings wat sy ontvang het. “Dit het my oë oopgemaak vir al die talent wat ons in Suid-Afrika het. Dit was ’n uitdaging om deelnemers te kies, maar daar is beslis baie spesiale mense wat baie talentvol is,” sê Lamb.

Elkeen van die mentors sê hulle moes hul eie oordeel gebruik om hul finale ses sangers te kies.

Elkeen van die mentors sê hulle moes hul eie oordeel gebruik om hul finale ses sangers te kies.

Steyn sê sy het haar keuse op “absolute instink” gemaak. “As ’n mentor moet ek iemand kies met wie ek my ’n klein bietjie kan vereenselwig. Dit is sodat ons die pad saam kan stap en mekaar beter leer ken en sodat ons style nie te uiteenlopend is nie.

“Ek het ook iemand gesoek wat uniek is en voor ’n skare van 10 000 mense kan sing. Daar is net soveel wat jy in ’n video van omtrent twee minute kan wys, maar ek glo my instink en ek is baie gelukkig met die ses wat ek gekies het,” sê Steyn.

Uit die 24 sangers sal elkeen van die mentors twee

finaliste kies wat dit vir ’n platekontrak van ’n R1 miljoen by Coleske Artists moet uitspook.

Die agt finaliste sal week ná week deur ’n paneel kenners beoordeel word, bestaande uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha, asook Barry Pretorius, regisseur van die Afrikaans is Groot-konserte.

Die wenner van Die kontrak, wat deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word, word op 23 November op vanjaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig.

*Die kontrak word in September op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Meer oor:  Elvis Blue  |  Tarryn Lamb  |  Dewald Wasserfall  |  Monique Steyn  |  Realiteitsreeks  |  Die Kontrak  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.