Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
2de afrigter op ‘The Voice’ bekend gemaak
Riana Nel

Die sangeres Riana Nel is die tweede afrigter in die musiekwerklikheidsreeks The Voice se derde reeks op M-Net wat die afgelope week aangekondig is.

Sy is een van vier afrigters wat opkomende sangers in die reeks onder hul vlerk gaan neem.

Riky Rick is eerste bekend gemaak en die ander twee afrigters moet nog bekend gemaak word.

The Voice is ’n musiektalentkompetisie waarin vier afrigters (bekende sangers) met die eerste oudisies, die sogenaamde “blinde oudisies”, met hul rug na die deelnemer sit. Op grond van ’n deelnemer se stem besluit hulle dan of hulle die deelnemer onder hul vlerk wil neem.

Nel, jonger suster van die sangeres Nianell, se loopbaan het in 2001 posgevat toe haar eerste gospel-album Oopmond uitgereik is.

Dié album het twee Lier-pryse gewen, beste nuwe kunstenaar en beste vrouesanger.

In dieselfde jaar het sy Geraas-pryse losgeslaan as beste gospelkunstenaar en beste nuweling.

Haar eerste popalbum, Die moeite werd, het in 2012 en in 2014 het Die regte tyd die lig gesien.

Nel is ook bekend om haar duette met ander kunstenaars soos “Eens in ’n leeftyd” saam met Bobby van Jaarsveld en “Doen net wat ons wil” saam met Heuwels Fantasties.

Sy het al liedjies vir kunstenaars soos Juanita du Plessis, Lianie May, Touch of Class en die Holland’s

Got Talent-wenner Amira Willighagen geskryf.

Nel het in 2015 Samapryse ontvang vir beste Afrikaanse popalbum en die kunstenaar wat die jaar die beste verkoop het.

Die derde seisoen se “blinde oudisies” word vandeesmaand gehou. Toegang is gratis, maar bespreking is noodsaaklik. Die eerste “blinde oudisies” word op 21 en 22 November aangebied en daarna op 26 en 27 November. Besoek mnet.tv/thevoice om te bespreek.

* Die nuwe reeks word by Urban Brew Studios in Randburg verfilm.

* Die reeks begin in Februarie op M-Net (DStv-kanaal 101).

Meer oor:  Riana Nel  |  The Voice  |  Musiek  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.