Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
2de seisoen vir ‘Ouboet en Wors’
Kaz McFadden en Liane Heyl in Ouboet en Wors. Foto: Daniel Jonathan Parker

Die gewilde komediereeks Ouboet en Wors is terug vir ’n tweede seisoen wat op 8 Oktober op die kassie begin.

In dié seisoen is daar ’n nuwe gesig wat hom by Frank Opperman en Willie Esterhuizen aansluit – Eldon van der Merwe is te sien as Elvis Prinsloo.

“Ek is die nuwe vakleerling by Fix-it wiff Ouboet,” sê Van der Merwe. ‘

Elvis, handlanger vir Ouboet, is baie handig as dit kom by die regmaak van elektroniese toestelle soos ’n Xbox of ’n dekodeerder teenoor Ouboet wat meer kennis het oor apparatuur.

“Die karakter is baie spelerig en dit laat my toe om sy verbeelding en sy idee van ’n grootmens-wêreld in te kleur. Sy onskuld laat my toe om hom opwindend en nuuskierig te hou, en dit is vir my die lekkerste uitdaging,” meen Van der Merwe.

Die akteur Hugh Masebenza is weer te sien as Fogile en meen “Fogile hou van dit waarvan Fogile hou”.

“Hulle sê soort soek soort, en Fogile se soort is hyself. Elke huis het sy kruis, en Fogile is die kruis. Maar met al sy dinge hou ek van hom. Hy is pret om te vertolk omdat hy so anders as ek is,” vertel Masebenza.

Die res van die rolverdeling is terug in hul rolle: Opperman as Ouboet van Tonder, Esterhuizen as Wors Visagie, Lizz Meiring as Molly Visagie, Sally Campher as Yollie van Tonder, Liane Heyl as Boeboe, Kaz McFadden as Hendrikkie van Tonder en Wynand van Vollenstee as Gielie Goosen.

Skakel in vir ‘Ouboet en Wors’ vanaf 8 Oktober om 20:00 op DStv-kanaal 144.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.