Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
3de reeks van ‘Handmaid’s Tale’ op pad
Van die karakters uit die reeks The Handmaid’sTale.

Die onafhanklike televisiekanaal Hulu het nou meer as 20 miljoen intekenare en dit is waarskynlik grootliks te danke aan die derde seisoen van The Handmaid’s Tale wat pas aangekondig is.

Die getal is bekend gemaak in die nuwe Hulu-teater in Madison Square Garden, waar ook aangekondig is dat daar ’n ooreenkoms met DreamWorks Animation gesluit is.

Die tweede seisoen van The Handmaid’s Tale het verlede week begin met dubbel soveel kykers as in die eerste seisoen.

Die eerste reeks het agt Primetime Emmy-pryse uit 13 benoemings gewen. Dit is die eerste reeks wat op die sogenaamde stroomplatform ’n Emmy vir die beste reeks wen. Dit het ook die Golden Globe-prys vir die beste televisiereeks (drama) gewen en Elisabeth Moss is as die beste aktrise aangewys.

The Handmaid’s Tale is ’n Amerikaanse distopiese dramareeks geskep deur Bruce Miller en gegrond op Margaret Atwood se gelyknamige roman wat in 1985 gepubliseer is.

Hulu het aanvanklik met tien episodes begin wat in 2016 verfilm is.

Die verhaal draai om die fiktiewe tydperk ná die tweede Amerikaanse vryheidsoorlog. Vroue wat “handmaids” genoem word, word gedwing tot seksuele slawerny en moet gedwonge kinders in die lewe bring.

In Mei 2017 is met die tweede reeks begin en die eerste episode het op 25 April gewys.

Hulu sal in 2019 begin om DreamWorks Animation se rolprente soos Shrek, Shrek 2, Shark Tale, How to Train Your Dragon: The Hidden World, The Boss Baby 2 en Trolls 2 te wys.

Meer oor:  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.