Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘50/50’ is nét die ding vir my, sê nuwe aanbieder

Dit ontstel Kia Johnson, die nuwe anker-aanbieder van die omgewingsprogram 50/50 op SABC 2, wanneer sy slegte nuus oor diere en die natuur hoor.

“50/50is ’n program wat belangrike sake aanroer en hopelik sal dit mense beïnvloed om ’n positiewe verandering teweeg te bring. Die mens en die omgewing moet saamwerk en uitkyk vir mekaar,” sê sy.

Daarom het sy in dié program haar nis gevind.

Kia Johnson, nuwe anker-aanbieder van ‘50/50’. Foto: Niche Digital and Audio Productions

Die nuwe reeks begin Maandag om 19:00.

“Ek wou eintlik ’n marinebioloog word,” sê Johnson, wat voorheen programme soos die Expresso Morning Show op SABC 3 aangebied het en ’n bekende stem is op radiostasies soos SAfm, KFM en Radio 2000.

“My ma was wel nie so seker daaroor toe ek in daardie rigting aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) wou studeer nie.”

"En ek hou van chat . . . Ek het netnou gesê sekere dinge kan my verstom, maar ek begin tog later weer praat.”

Sy het B.Com mensehulpbronbestuur aan die UWK gestudeer.

“Dit is nie vir almal beskore nie, maar hierdie program is right up my alley. Dis ’n voorreg, want van kleins af hou ek van die natuur en diere.”

Johnson is voorheen as die mees invloedryke plastiekvrye Mzansi-stryder aangewys.

“Ek hou van kommunikasie en om mense te ontmoet en met hulle onderhoude te voer. En ek hou van chat . . . Ek het netnou gesê sekere dinge kan my verstom, maar ek begin tog later weer praat.”

Sy kan lank oor omgewingsake gesels.

“My familie en vriende se gesigte sê alles; hier gaan sy al weer. Hulle kry daardie kyk in hul oë.”

* Bekende segmente soos “Veldfokus” is weer te sien in die jongste reeks van 50/50.

Daar is ook ’n nuwe jeugsegment waarin die jeug hul video’s oor die natuur kan instuur.

* 50/50 word Maandae om 19:00 op SABC2 (DStv-kanaal 192) uitgesaai.

50/50
Kia Johnson Foto: Niche Digital and Audio Productions
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.