Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘7de Laan’ vanaf April net 3 keer per week uitgesaai

Die gewilde SABC2-sepie 7de Laan sal binnekort slegs drie keer per week op die kassie te sien wees.

Dié sepie se bestuurspan het Vrydagaand in ’n verklaring gesê 7de Laan sal vanaf 5 April slegs op Maandae, Dinsdae en Woensdae 18:00 te sien wees.

“Ons wil graag aan kykers die versekering gee dat ons steeds daaraan toegewy is om relevante, informatiewe en vermaaklike inhoud te produseer. Ons opkomende storielyn is gevul met inspirasie, humor, drama en liefdesverhale wat julle behoorlik aan die gons sal hê.

“Ons sal ook aanhou om met julle interaksie op sosiale media te hê,” lui die verklaring.

Die verfilming van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan is vroeër gestaak nadat ’n lid van die span positief vir Covid-19 getoets is. Foto: Verskaf
Meer oor:  7De Laan  |  Sepies  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.