Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Aanbieder verruil OppieStoep vir preekstoel
Andries Vermeulen en sy gesin woon al sewe jaar in Bloemfontein. By hom is sy vrou, Rieta (35), en hul kinders, R.W. (4), Ri-Andri (vier maande) en Aleah (2).

Andries Vermeulen van OppieStoep-faam gaan die aanbiederstoel van dié TV-reeks vir ’n preekstoel verruil.

Vermeulen, bekend as aanbieder van die storievertel-televisiereeks, het besluit om ná ses jaar op die program sy roeping te volg en sy storievertel-talent permanent in die bediening te gebruik.

Vermeulen sê hy het al van kindsbeen af geweet die Here roep hom na die bediening.

Hy het sy lewe lank sy talente as storieverteller ontgin en in 2018 besef hy moet die bediening permanent betree.

Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen. Geldenhuys sê Vermeulen weet net hoe om enige geleentheid in ’n braai te laat ontaard.

Hy het vroeg in 2019 met sy pastorale studie aan die South African Theology Seminar (SATS) begin. Hy kom sy pastorale verpligtinge onder leiding van past. At Boshoff van die Christian Revival Church (CRC) in die Rosestad na.

Dit is dalk tot siens vir Vermeulen as aanbieder van OppieStoep, maar nie vaarwel nie.

OppieStoep is my en Pietman (Geldenhuys) se droom-baba, ek sal nooit vir ewig daarmee klaar wees nie.”

Hy sê dit is nou ’n seisoen in sy lewe waarin hy moet fokus op sy studie en pastorale pligte.

OppieStoep het my ook vir ses jaar op dié seisoen voorberei.

“My groot passie is om stories te vertel en ek het deur die program gesien hoe honger mense vir goeie, lekker stories is.

“Jesus was ’n storieverteller; Hy het altyd stories gebruik om by die Evangelie uit te kom en ek kan dit ook so doen.”

Mense is ewe honger vir die Woord van die Here, sê hy.

“Dit is my Godgegewe gawe om stories te kan vertel. Ek sal dit aanhou doen tot Sy verheerliking.”

Geldenhuys, sy mede-aanbieder en vriend, sê hy is baie opgewonde oor sy vriend se roeping.

“Ek en Andries ken mekaar al van 2008 af. Ons het jare afsonderlik opgetree of die verhoog met storievertel-produksies gedeel.

“In 2014 het ons saam OppieStoep begin en elke oomblik daarvan was vir my spesiaal.

“Andries is ewe gemaklik voor ’n gehoor as voor ’n gemeente. Ek wens hom alle voorspoed toe.”

Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen aan die vertel op 'OppieStoep'.
Andries is ewe gemaklik voor ’n gehoor as voor ’n gemeente. Ek wens hom alle voorspoed toe.

Vir Vermeulen is dit ’n voorreg om die Woord van God te verkondig en lewe in ander mense se lewe te kan spreek.

“Die Here is die enigste baken van hoop waarop ons kan vertrou; hoe bevoorreg om mense daardie Baken te kan wys.”

Hy sê die inperkings en die pandemie het weer die lig daarop laat val dat die mens geen vaste beloftes in die wêreld het om aan te glo nie.

“Nie besighede nie, nie finansies nie, in niks was daar konkrete beloftes nie. Die enigste belofte wat ons het, is dié van God wat gevestig is in Sy Woord.”

Hoewel Vermeulen nog nie ’n vaste gemeente het waar hy preek nie, voer hy sy pastorale verpligtinge by die CRC in Bloemfontein uit.

“Tydens die inperkingstyd gebruik ek veral sosialemediaplatforms om te preek.”

Vermeulen sê hy roep nie die vermaaklikheidswêreld vaarwel toe nie. Hy sal altyd nog beskikbaar wees om stories te vertel en mense met musiek te vermaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.