Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Aantygings, bekgevegte en trane in 'Trap! Dis my huis'
Stef, Fred en die aanbieder Amalia Uys.

Aantygings, bekgevegte en trane.

Dít is hoe dinge verloop het in Woensdagaand se episode van Trap! Dis my huis op VIA, toe twee van die deelnemers huis toe is.

Zanelle (28) van Pretoria is huis toe ná ’n moeilike tyd in die huis saam met die meer as 30 deelnemers wat om die boerpot meeding.

Sy het geruime tyd getwyfel of sy self uit die huis moet gaan en of sy moet bly totdat sy uitgestem word.

Zanelle was nie baie gewild onder die deelnemers nie omdat sy op die derde aand toe die huiskaptein Fred (39) van Kuilsrivier alkohol in die huis uitgedeel het daarvan gedrink het terwyl sy op medikasie was. Sy het sleg gevoel en mediese hulp moes ingeroep word.

Sy het daardie aand op die enigste bed in die huis geslaap terwyl Fred en sy vriende die nag elders moes deurbring.

Sommige deelnemers meen sy was nie regtig siek nie en het net gemaak asof sy sleg voel sodat sy in die bed kon slaap.

Zanelle het die huis vrywilliglik verlaat.

’n Bom het in die huis gebars toe Lally (29) van Montana en Zanelle daaroor argumenteer. Zanelle het Lally daarvan beskuldig dat sy geskinder het en ’n gerug onder die deelnemers versprei het dat Zanelle aan dwelms verslaaf is.

Lally en Bianca (19) van Pretoria het ook vasgesit toe Bianca met ’n bakkie pap in die huis rondgestap het. Lally het haar uitgetrap en gesê sy dink dit is verkeerd dat “sekere mense skelm eet terwyl almal honger is”.

Bianca het ook oorweeg om die huis te verlaat, maar het van plan verander en sy en Lally het vrede gemaak.

Zanelle het uiteindelik besluit om te gaan waarop Lally geregeer het: “Ek dink as jy weet jy kan dit nie doen nie, moenie deelneem nie.”

Fred moes slegs een persoon uitstem en Stef (56) van Milnerton, ook uitgesproke oor Zanelle se “kamtige” siekte, het gesê sy sal vrywillig loop. Fred het ingestem en Stef het die ander deelnemers tranerig gegroet.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.


Meer oor:  Fred  |  Tv-Reeks  |  Trap! Dis My Huis  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.