Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Adriaanse se ‘Laastes’ Sondag op kykNET te sien

Laastes, die kykNET-fliek wat handel oor vier tieners wat na ’n matriekafskeid gaan, het byna vanself by die draaiboekskrywer en regisseur Beer Adriaanse opgedaag.

“Daardie tydperk van ’n mens se lewe . . . Alles is so heightened. Soveel is tasbaar aan daardie gevoel. Jy is nog so vormbaar. Ek het aan my eie matriekafskeid gedink. Jy weet, daardie cautionary tales – dinge wat dalk die verkeerde weg is om te volg. Iets van ouvroustories tot ware Huisgenoot-verhale. Sommige mense vang dom goed aan.”

Carla Smith in ‘Laastes’. Foto: kykNET

Adriaanse se aanvanklike konsep was vriende by ’n huis.

Anders as met baie van sy ander werk het hy vinnig aan die draaiboek geskryf en dit is in Januarie verfilm.

“Dis ’n oomblik in tyd. Daar is so ’n oorvloed van oorsese prom movies, maar plaaslik doen ons dit anders. Ons moet dit vertel.”

Carla Smith, Melissa Pretorius, Conradie van Heerden en Hendrik Nieuwoudt vertolk vier tieners wat na hul matriekafskeid gaan.

Smith sing sonder begeleiding die liedjie wat in dié fliek se lokprent gebruik word, maar ook in ’n toneel voorkom.

Hendrik Nieuwoudt, Melissa Pretorius en Conradie van Heerden. Foto: kykNET

“Beer het een aand gesê hy het ’n liedjie vir ’n toneel nodig. Hy het iets geskryf en ek het iets geskryf en toe kies hy myne. Beer se draaiboek het basies die lirieke geïnspireer. En toe sing ek dit a cappella. Dit is geskryf uit die oogpunt van ’n tiener en ek hoop en glo hulle kan hulle daarmee vereenselwig.”

Die fliek bestaan uit drie dele: waar hulle gereed maak vir die matriekafskeid, die aand direk ná die afskeid en die oggend ná die afskeid.

Van Heerden se karakter is verlief op Pretorius se karakter, en Smith en Nieuwoudt vertolk ’n broer en suster.

“Ons is al vier goeie vriende. Beer het dit nog nie geweet toe hy ons vir die fliek gekies het nie. Ons was saam in die klas. Conradie en Hendrik was selfs voor universiteit vriende. So ons het reeds ’n konneksie. En ek dink daarom kon ons die nabye verbintenis tussen die karakters makliker uitbeeld. Ons ken mekaar en ken mekaar se styl.”

Laastes word Sondag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Carla Smith  |  Televisie  |  Flieks  |  Kyknet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.