Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Akteurs vir eers gestuit met aksie teen SAUK
Hans Strydom hier in sy rol as At Koster in Binnelanders.

Die akteurs wat die SAUK in die hof wou pak oor heruitsendingsgeld wat die uitsaaier hulle skuld, is in hul spore gestuit.

“Dit het aan die lig gekom dat die SAUK as ’n semi-staatsinstelling nie in die hof vir klein eise (in Hillbrow) aangekla kan word nie,” sê Hans Strydom, akteur, regsgeleerde en medestigter van die SA Akteursgilde (Saga) wat die akteurs bystaan.

Akteurs soos Warren Masemola en Thuli Thabethe sou Woensdag in die hof verskyn, terwyl akteurs soos Amor Tredoux, Sylvaine Strike en Paul Slabolepszy Donderdag hul saak in die hof sou stel oor die uitstaande heruitsendingsgeld vir werk waarin hulle op televisie verskyn het.

Akteurs is geregtig op dié geld elke keer dat ’n televisieproduksie waarin hulle ’n rol vertolk het, heruitgesaai word.

Strydom het die akteurs se papierwerk vir die hofverrigtinge in orde gekry.

“Dit is egter nie ’n probleem dat ons nie kon voortgaan nie,” sê Strydom.

“Nou kan meer akteurs in die hof verskyn waar groter bedrae ter sprake is. Ons sal nou van vooraf die papierwerk in orde moet kry. Daar is uiteraard nog nie datums vir wanneer ons in die hof sal verskyn nie, maar ons kan in groter getalle optree.”

Die SAUK betaal 25% van die akteur se oorspronklike geld vir 'n herhaling wat in spitstyd uitgesaai word en 15% gedurende enige ander tyd. Dit word egter nie outomaties betaal nie. Akteurs moet elke keer by die uitsaaier daarvoor aansoek doen.

Ondanks die SAUK se geldprobleme is die akteurs vies oor die eise wat afgekeur word.

“Ons is moeg vir die verskoninkies wat die uitsaaier aanbied oor waarom die geld nie betaal kan word nie,” sê Strydom. “As die uitsaaier nie geld het nie, is dit te verstane, maar hulle moet die geldige eise goedkeur en ons sal wag totdat hulle geld het. Daar is ook ’n goeie rentekoers op laat eise.”

Strydom hou rekord van sowat 400 akteurs se SAUK-kontrakte. Dit sluit in akteurs soos Louis van Niekerk, Magda van Biljon, Frank Opperman, Elize Cawood en Terence Bridgett.

“Die probleem gaan nie net verdwyn nie. Die SAUK moet die eise goedkeur, want dit kom die akteurs toe.”

Meer oor:  Hillbrow  |  Televisie  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.