Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Allen v. Farrow’ kyk na seks-bewerings teen Woody

Die Showmax-reeks Allen v. Farrow krap opnuut aan die skandaal in die 90’s toe die gerekende filmregisseur Woody Allen beskuldig is van die seksuele misbruik van die sewejarige Dylan Farrow, Allen en Mia Farrow se aangenome dogter.

In vier episodes vleg tuisvideo’s, hofdokumente, polisie-getuienis, oudiobande asook eksklusiewe onderhoude die opspraakwekkende gebeure van destyds aaneen.

Die aktrise Mia Farrow, Dylan, haar broer Ronan Farrow, gesinsvriend Carly Simon en die aanklaer Frank Maco vertel hul kant van die storie.

Die reeks openbaar ook die trauma waardeur die gesin is en gee bekendes die geleentheid om Allen se oeuvre te verken en of bekentenisse oor die private lewe van kunstenaars tot ’n herwaardering van hul werk kan lei.

Allen-aanhangers lewer skerp kritiek op Twitter, Facebook en ander platforms en sê die reeks is eensydig. Robert Weide, die regisseur van Woody Allen: A Documentary, het in ’n blog geskryf die meeste mediamense is oënskynlik verheug dat Allen eindelik verdoem word.

Allen v. Farrow gaan egter nie net oor Dylan se bewerings nie. Dit sluit ook materiaal in oor Allen se seksuele verhouding met Farrow se dogter Soon-Yi Previn. Farrow en haar vorige man, André Previn, het Soon-Yi aangeneem.

Allen het ’n verhouding met haar aangeknoop toe sy nog op skool was. Hy het dié verhouding in 1992 erken net nadat Dylan vir die eerste keer gesê het Allen het haar seksueel misbruik. Allen se verweer was dat Mia die gebeure gefabriseer het om hom terug te kry vir sy verhouding met Soon-Yi, met wie hy later getroud is.

Mia Farrow en Woody Allen Foto: Getty Images
Woody Allen en Soon-Yi in 2015. Foto: Graham Whitby Boot/Allstar

Allen-volgelinge meen die dokureeks is bevooroordeeld omdat onderhoude nie met Allen en Previn gevoer is nie, en ook nie met Dylan se broer Moses nie. Vervaardigers van die reeks sê egter al drie het versoeke om ’n onderhoud van die hand gewys.

Kritici meen die getuienis in die reeks stel die Farrows in ’n gunstige lig en raak kwalik aan besonderhede wat Allen se onskuld ondersteun.

Die regisseurs, Kirby Dick en Amy Ziering, se reaksie hierop was dat Allen se weergawe wyd bekend is en dat Allen v. Farrow juis op die keersy fokus.

Allen is met vier Oscars bekroon (Midnight in Paris, Hannah and her Sisters en twee vir Annie Hall). Mia Farrow sal onthou word vir haar spel in Rosemary’s Baby en Hannah and her Sisters. – Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne latimes.com, nytimes.com, theguardian.com

Meer oor:  Mia Farrow  |  Dylan Farrow  |  Flieks  |  Showmax  |  Woody Allen  |  Fliek  |  Tv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.