Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Amanda Strydom eersdaags in sepie
Amanda Strydom

Amanda Strydom maak eersdaags haar buiging in die sepie Binnelanders. Hoewel sy nog nie veel kan sê oor haar rol nie, klink dit of sy die ondervinding baie geniet het.

Wat sy wel kan sê, is dat sy ’n hele paar mense in die verhaal se lewe kom deurmekaarkrap.

Sy sou aanvanklik net ’n genooide speler wees, maar intussen is sy gevra om in nog ’n paar episodes te speel.

“Ek is al ’n paar keer gevra om rolle in sepies te vertolk, maar elke keer het ek nee gesê. Hierdie keer het ek net geweet ek sal dom wees as ek dit nie doen nie,” sê Strydom.

“Dis ’n ander wêreld, dié van ’n sepie. Ek het glad nie geweet hoe dit werk en watter dissipline daaraan verbonde is nie. Hier is nie tyd soos met ’n verhoogrol om nog te sit en dink oor die karakter nie. Jy moet jou woorde ken en sorg dat jy reg is vir aksie. Daar is nie tyd vir sit en delf en nadink nie.

“Ek het een dag nog so gedink alles gaan goed. Ek ken my woorde en is reg. Toe hol daar skielik ’n klompie byspelers verby met trollies en wie weet wat nog alles en toe is ek skoon deurmekaar.”

“Ek het skielik besef – dis wat ek studeer het. Niemand het my leer sing nie, maar hiervoor is ek opgelei.”

Dit was veral vir haar lekker om weer ou kennisse soos Brümilda van Rensburg en Hans Strydom te sien. Dit was ook lekker om in ’n span te werk.

“Dit lyk so of almal hul werk geniet. Van die akteurs tot die vrou wat my handsak vir my aangee, hou van wat hulle doen. Dit was vir my ’n wonderlike ondervinding.”

Sy sal die eerste keer op Woensdag 14 September haar opwagting in Binnelanders maak. Dieselfde aand sal sy ook te sien wees in die program Kwêla, waar sy met Hannes van Wyk sal gesels oor haar rol en ook oor waarmee sy tans besig is. Dit is onder meer haar program Rugsak vol robyne, wat sy na vanjaar se Aardklop-fees neem.

* Binnelanders word weeksaande om 19:30 op kykNET uitgesaai en Kwêla op Woensdae om 20:30.

Meer oor:  Amanda Strydom  |  Tv  |  Aktrise  |  Sangeres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.