Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Anderson dalk Maggie Thatcher in ‘The Crown’

Gillian Anderson, ster van The X-Files, word oorweeg om die rol van Margaret Thatcher in die bekroonde Netflix-reeks The Crown te vertolk.

MailOnlineberig dat daar ’n buitengewone ooreenkoms tussen Anderson en Margaret Thatcher, ’n voormalige Britse premier, se voorkoms is.

Gillian Anderson gaan dalk die rol van Margaret Thatcher in die reeks The Crown speel.Foto: Facebook
MailOnline het onthul dat Peter Morgan, draaiboekskrywer en skepper van The Crown wat in ’n verhouding met Anderson is, haar oorweeg vir die rol van Maggie.

“Gillian is ’n uitstekende aktrise. Ons sal ’n groot slag slaan om haar te kry,” het ’n bron, wat by die produksie betrokke is, gesê.

Die derde reeks van The Crown word tans verfilm. Dit is gegrond op koningin Elizabeth II se lewe en haar verhoudings met onderskeie premiers en ander politici.

Thatcher sal na verwagting teen die einde van die vierde reeks haar opwagting maak as die nuutverkose leier van die Britse Konserwatiewe Party.

Anderson (50) en Morgan, wat in 2016 begin uitgaan het, wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Gillian Anderson  |  Tv-Reekse  |  The Crown  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.