Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘The Voice’ se nuwe aanbieder aangekondig
Anele Mdoda

Die gewilde omroeper Anele Mdoda is die nuwe aanbieder van die musiekwerklikheidsreeks The Voice SA op M-Net.

M-Net het Vrydag aangekondig dat Mdoda in die derde reeks die leisels by Lungile Radu sal oorneem.

Mdoda het die nuus ook baie opgewonde aangekondig op haar program The 947 Breakfast Club wat sy weeksdae op die Gautengse radiostasie 947 aanbied.

Boonop wou sy nog altyd by ’n M-Net-produksie betrokke wees.

“Ek is gaande oor M-Net,” sê Mdoda. “Sedert my ouers in 1992 ’n dekodeerder gekoop het, het ek daarvan gedroom om myself eendag op my gunstelingkanaal te sien.”

Sy is ook ’n groot aanhanger van The Voice.

“Ek lewe vir werklikheidstelevisie. MasterChef en My Kitchen Rules is van my gunstelinge. Televisie is vol glans, maar dis ook ’n emosionele rit.

“Ek is mal oor talentkompetisies en Suid-Afrika se talent raak net nie op nie. Ek is gelukkig om deel te kan wees van ’n program wat talent ontdek en ontwikkel. Ek huil maklik. Ek dink ek is voorbereid.”

The Voice is ’n musiektalentkompetisie waarin vier afrigters (bekende sangers) met die eerste oudisies, die sogenaamde “blinde oudisies”, met hul rug na die deelnemer sit. Op grond van ’n deelnemer se stem besluit hulle dan of hulle die deelnemer onder hul vlerk wil neem.

Mdoda was voorheen by radiostasies soos 5FM, maar televisie is nie vir haar nuut nie. Sy het tot onlangs die SABC3-geselsprogram Real Talk with Anele aangebied waarvoor sy voorheen ’n Safta-prys vir die beste televisiegeselsprogram gewen het.

Sy het ook al self aan werklikheidstelevisie deelgeneem.

Die derde seisoen se “blinde oudisies” begin vandeesmaand. Die reeks word nou by Urban Brew Studios in Randburg verfilm.

Mdoda het al talle radiopryse ontvang wat die beste radio-omroeper in die Best of Joburg-kompetisie insluit.

“Vir my gaan radio oor gesprekvoering. As die aanbieder van The Voice gaan ek die talentvolle deelnemers moed inpraat sodat hulle kan kalm bly oor die feit dat hulle lewe dalk vir altyd kan verander.”

* Die vier afrigters van die derde reeks word volgende week bekend gemaak. Dit word in Februarie op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  M-Net  |  Anele Mdoda  |  Radio  |  Televisie  |  The Voice Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.