Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Anna-Mart is ná jare terug op TV

Die aktrise Anna-Mart van der Merwe was in ’n “veilige hawe” toe sy ná ’n paar jaar weg van televisie af op die stel van die kykNET-reeks Tydelik terminaal gestap het.

Anna-Mart van der Merwe Foto: Michelle Nestler

Dié reeks deur Elanie Rupping en met regie deur Etienne Fourie begin Woensdag om 20:00.

Kanker word by Kittie Claassen, die hoofkarakter vertolk deur Carla Smith, gediagnoseer.

“Ek verskyn nie in elke episode nie, maar dit was baie lekker om weer televisiewerk te doen,” sê Van der Merwe.

“Die afgelope jare was my fokus meer op teater.”

Van der Merwe tree op in die toneelstuk Koningin Lear, wat in November in die Baxterteater in Kaapstad opgevoer word.

Sy is op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom vir dié rol as beste vroulike byspeler aangewys.

Tydelik terminaal
Frank Opperman en Anna-Mart van der Merwe in ‘Tydelik terminaal’. Foto: Michelle Nestler

Sy was die afgelope paar jaar op die silwerdoek in flieks soos Dis koue kos, skat en Stuur groete aan Mannetjies Roux. Sy verskyn ook in die fliek Poppie Nongenga, wat in 2020 uitgereik word.

Tydelik terminaal is gegrond op Rupping se eie lewe toe Hodgkin se siekte jare gelede by haar gediagnoseer is.

“Dis vir my lekker dat hierdie onderwerp deur ’n jonger generasie sonder heilige koeie aangepak word,” sê Van der Merwe.

“Almal ken iemand wat aan kanker ly. Voorheen is die siekte skaars op die naam genoem. ’n Mens weet jy is besig om te sterf van die dag wat jy gebore word, maar as jy skielik daardie sterflikheid akuut in die gesig staar . . . Dit is scary stuff wanneer dit jou aan die strot kom ruk.”

Die lewe en liefde kom vir Van der Merwe sterk in die reeks na vore.

“Ek dink die storie laat jou oopoë na die lewe kyk. Die persoonlike verryking is vir my ’n mooi deel van die storie. Met ’n storielyn waarin kanker voorkom, is daar groei in jou as mens en jy doen mensekennis op.”

Carla Smith en Anna-Mart van der Merwe in ‘Tydelik terminaal’. Foto: Michelle Nestler

Fourie was ook die regisseur van die rolprent Dis koue kos, skat waarin Van der Merwe en die akteur Frank Opperman verskyn het.

“Ek en Frank speel nou ’n oom en tannie, wat Kittie tydens haar eerste chemo-sessie ontmoet. Dis so lekker om weer saam met Frank te werk. Jy kan hom met alles vertrou. Dit was so ’n veilige hawe, ook met die regie wat Etienne doen. Ek haal my hoed af. Die ouens het hard gewerk.”

* Tydelik terminaal word Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

* Koningin Lear word van 7 tot 16 November in die Baxterteater opgevoer. Kaartjies kos R130 tot R180. Bespreek by Webtickets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.